Local newsNews

Man spog met hemelhoë sonneblomme

"Ek het van die kompos in die bedding ingewerk en toe groei die blomme."

Spieëltjie, spieëltjie aan die muur, wie se sonneblom groei die hoogste hier?

Ernst Kruger se sonneblomme – of moet ons eerder sê sonnebome – staan beslis die hoogste

Die yslike groot sonneblomme staan 18 in ‘n ry in Ernst se tuin wat glo 3,1m in lengte is.

Maar dit is nog niks, die hemelhoë sonneblomme se stamme is 48mm in deursnee en pronk met koppe wat 209mm breed is.

‘n Gesinsvriend, Jan van der Wiel, het vir Ernst twee sakke van sy spesiaal gemengde kompos as geskenk gegee.

“Ek het van die kompos in die bedding ingewerk en toe groei die blomme.”

Omdat sy vrou so mal is oor die sonneblomme het hy besluit om van hulle krombekvoël se saad te neem en ook in die tuin te plant.

“Ek het nou regtig nie verwag dat die sonneblomme so groot en hoog sou groei nie,” lag hy.

Die sonneblomme in Ernst Kruger se tuin is dubbel sy lengte.
Die sonneblomme in Ernst Kruger se tuin is dubbel sy lengte.

Hierdie blomme is meer as waarvoor Ernst se vrou gevra het. Boonop loer hulle oor sy grensmure straat se kant toe sodat die bure hulle ook kan sien.

Die News het vir Ernst raad gevra oor sonneblomme kweek en of hulle seisoengebonde is.

“Ek het eerlikwaar nie ‘n idee nie.”

Hy meen dat die spesiale komposmensel wat hy by sy vriend gekry het die sleutel tot die sukses van sy sonneblomtuin is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button