Local newsNews

WAARSKUWING: Stomasakkie lek-lek so

Waarskuwing: Nie vir sensitiewe lesers nie! Luipaardsvlei bejaarde se stomasakkie is 'n groot irritasie.

‘n 68-jarige vrou van Luipaardsvlei sukkel met foutiewe stomasakkies sedert ‘n operasie in 2013.

Kathy Smith is een van talle pasiënte wat daagliks probleme het met dié sakkies wat aanhou lek.

Die bejaarde vrou wat twee jaar gelede ‘n operasie ondergaan het om kanker uit haar dikderm te verwyder, vertel die News van haar frustrasie met die foutiewe sakkies wat hulle by die plaaslike staatshospitale ontvang.

Sy meen dat die seëlkomponent nie saam met die sakkies uitgedeel word nie, dus lek haar sakkie – soms drie maal in een nag.

Verder vertel sy dat die susters in die hospitaal vir die pasiënte sê hulle moet eers die foutiewe voorraad opgebruik voordat hulle van die nuwe voorraad kan kry.

“Maar die pakkies word sonder die seëlkomponente verskaf,” kla Kathy.

Swartsakke en kleefband is haar laaste hoop wat sy elke aand aan haar bed moet vasplak sodat haar glipsies nie haar man steur nie.

“Ons is al deur hel die afgelope twee jaar.”

Kathy meen ook dat die hospitaal van tyd tot tyd vir hulle deurskynende sakkies verskaf wat vir haar afskuwelik is.

“Dit is ‘n baie ernstige probleem; die sakkies lek en lek. Alles word vuil en besmet en al die beddegoed moet oor en oor gewas word.”

Smith ontvang 10 sakkies per maand. Een sakkie moet haar sowat drie dae hou.

Die News het die betrokke hospitaal rakende die situasie gekontak en sal hulle kommentaar publiseer sodra dit ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button