Local newsNews

Kruis op skouers vir Comrades

Die kruis weeg 30kg en is sowat drie meter lank, maar dit keer dié drie manne nie om hulle geloof aan die wêreld bekend te maak nie.

Met ‘n kruis van nagenoeg 30kg op hulle skouers gaan drie Krugersdorpse inwoners die oudste en langste ultramarathon van sowat 90km aan die einde van die maand aandurf.

Pastoor Gerrie Bester van die Christian Faith Worship Centre in Monument het die Comrades Marathon, waarvan die roete van Pietermaritzburg na Durban strek, reeds ses keer voltooi en hy gaan die span bestaande uit Roelf Craig en André van Vuuren lei.

Spanmaat Jose Heriques gaan hulle op verskeie punte langs die pad met water en ander benodigdhede bystaan voordat hy die kruis van drie meter lank iewers op die roete gaan oorhandig waar daar minder hardlopers is.

“Dit is wat die organiseerders van die Comrades in ‘n amptelik brief goedgekeur het, omdat daar derduisende deelnemers by die wegspringpunt is en natuurlik is hulle besorg oor die veiligheid van die ander deelnemers,” het Gerrie gesê.

Roelf Craig, Pastoor Gerrie Bester en André van Vuuren gaan die strawwe Comrades Marathon met dié kruis aandurf
Roelf Craig, Pastoor Gerrie Bester en André van Vuuren gaan die strawwe Comrades Marathon met dié kruis aandurf

Dit is wel die eerste keer dat hulle die Comrades met dié kruis, wat volgens hom die boodskap van hoop oordra, gaan hardloop, maar sal nie die eerste wedloop wees nie.

Hulle het onlangs ook die kruis saam met hulle geneem toe hulle aan die Loskop Ultramarathon van 50km deelgeneem het.

“Baie mense dink die kruis is van polistireen gemaak, maar dit is eintlik vrek swaar,” het Gerrie gesê.

“Maar in plaas daarvan dat dit swaarmoedigheid of ‘n las uitbeeld is dit volgens Bybelse beginsels presies die teenoorgestelde en beeld die boodskap van blymoedigheid en blydskap uit.”

Hy verwys ook na Mattheus 24:61 in die Bybel waar Jesus aan sy dissipels sê as iemand agter Hom aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en Hom volg.

“Die boodskap hier is duidelik: ‘n mens kan slegs leef deur in Hom te glo en te lewe. ‘n Mens ervaar soveel pyn en hartseer en deur die kruis op te tel moet jy voel dat jy dit kan oorkom.”

Roelf, wat beplan om die Comrades vir die tweede keer aan te durf, het gesê wanneer hy die kruis optel voel dit vir hom asof hy weer nuwe krag en moed kry om die lang pad aan te pak en te voltooi.

André, wat die Comrades vanjaar vir die eerste keer gaan hardloop het gesê dit was nog altyd ‘n droom van hom om hierdie strawwe wedloop te hardloop.

Die manne oefen reeds van verlede jaar af elke dag om fiks genoeg te wees vir die groot wedloop en is reeds langs die pad gewaar waar hulle met die kruis bewusmaking wil skep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button