Local newsNews

Vrou van Vrystaat laas in Krugersdorp gesien

Sy is die laaste keer in die Noordheuwel area gesien.

‘n 32-jarige vrou oorspronklik van die Vrystaat is as vermis aangemeld nadat sy die laaste keer op 1 Mei in Noordheuwel gesien is.

Kolonel Verna van Staden, wat met die vermiste persone lêers by die Krugersdorp Polisiestasie werk het gesê Isobel Vosloo, is laaste in ‘n swart broek, grys top, en pienk en swart gekleurde tekkies by die Noordheuwel Winkelsentrum in Bellstraat gesien.

Van Staden het voorts gesê dat dit goed is om gereeld familiefoto’s te neem, want dit help die polisie in hulle soektog wanneer ‘n persoon, hetsy ‘n kind of volwassene, vermis raak.

Enigiemand met meer inligting kan haar by 082 498 9484 kontak.

• Onthou daar is geen wagtydperk om ‘n persoon as vermis by die polise aan te meld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button