Viswaters is waar dié mediese praktisyn vir stilte tyd gaan
Wanneer Quinton Mulder, 'n mediese praktisyn van ER24-ambulansdienste by die huis is skree hy vir die Sharks, maar eintlik is hy binne-in sy hart steeds 'n Leeu-ondersteuner het Jacobus Myburgh uitgevind.
• Wat doen jy graag Vrydagaande en oor die naweek?
As tyd dit toelaat is dit wanneer ek my vrou Zelda vir ‘n fliek sal uitneem, andersins werk ek oor naweke.
• As jy nie ‘n mediese praktisyn was nie, wat sou jou beroepskeuse dan gewees het?
Ek sou heel moontlik dan ‘n brandweerman wou wees.
• Wat behels jou werk?
My werk is om mense wat in lewensbelangrike nood is, te help.
• Hoe lank is jy nou al ‘n paramedikus en sal jy jou werk vir iets anders verruil as jy die kans kry?
Ek glo nie ek sal iets anders wil doen nie, nie eers na 15 jaar wat ek in hierdie beroep is nie.
• Wat sou jy sê is die belangrikste deel van jou werk?
Ek sou sê dit is om na ‘n noodgeval die mense wat jy toe gehelp het raak te loop, jy kry daardie goeie gevoel dat jy ‘n verskil in daardie mense se lewe gemaak het.
• Jy werk op ‘n gereelde basis met ongelukslagoffers. Maak dit jou ooit depressief voel teenoor jou werk?
Ek raak nie sommer depressief nie, want my doel in die lewe is om mense te help.
• Hoe hanteer jy jou werkstres (of stres jy nie sommer nie)?
Werkstres word vergemaklik deur met my medekollegas en familielede te praat, dit is hoe ek te werk gaan om my stresvlakke te verminder.
• As ‘n mediese praktisyn is jy seker nie bang vir bloed nie?
Bloed? Nee wat, anders was ek in die verkeerde beroep.
• Kyk jy sport en vir watter rugbyspan skree jy (waarom)?
Ek kyk beslis rugby en skree vir die Sharks. Ek was altyd ‘n Leeus-ondersteuner, maar omdat my vrou vir die Natalse span skree, het ek ook na die Sharks oorgeskakel net om die vrede te bewaar.
• Het jy enige stokperdjies?
Ek dink nie ek kry regtig tyd daarvoor nie
• In watter koffiewinkel of restaurant kuier jy graag?
Definitief die Spur!
• Het jy troeteldiere?
Ons het drie vierpotiges wat soos ons kinders in die huis is.
• Het jy ‘n spesifieke plek waar jy daarvan hou om stil te raak?
Wanneer ek daardie geleentheid kry sou ek sê dit moet iewers langs die stil viswaters wees.
• As jy nie by die huis of by die werk is nie, waar sal ‘n mens jou kry?
Dan kuier ons by die familie.
• Waarheen sal jy nog wil reis en het jy enige gunsteling-vakansiebestemminge?
My gunsteling vakansieplek is by Uvongo in KwaZulu-Natal. Ek wil bittergraag nog ‘n draai in Londen ook maak.
• Wat geniet jy die meeste van jou werk?
Alles!
• Wat is jou gunsteling:
Fliek: Die Fast and Furious-flieks.
Musiek: Ek het nie eintlik ‘n voorkeur nie.
Kos: Hmmm… Steak!
Drankie: Brandy en Coke.
Winkel: Edgars.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
