Local newsNewsUpdate

Mnr SA steun ook blikkieskosprojek

Kenmare Kleuterskool samel blitsvinnig amper 200 blikkies nie-berfbare kos in vir die Can-A-Kilo blikkieskosprojek.

“Ek was in trane!”

Só het Amanda Verster-Van der Merwe gereageer toe sy die nuus hoor dat Kenmare Kleuterskool alleen altesaam 178 blikkieskos ingesamel het as deel van ‘n blikkieskos-projek om honger kindermagies te vul.

Nadat die News-span van haar deelname gehoor het om die akteur Ivan Zimmerman in sy veldtog om 12 000 blikkies nie-bederfbare kos in te samel, het die span besluit om ook te help.

Amanda Verster-Van der Merwe is all smiles about the cans of non-perishable food that the community has given her for the Can-a-Kilo project.
Amanda Verster-Van der Merwe glimlag breed na die gemeenskap hul kaste vir die Can-a-Kilo projek oopgemaak het.

Ivan het vroeër vandeesmaand die 12 000km lange Tour d’ Afrique-fietstoer voltooi met die doel om een blikkie vir elke kilometer wat voltooi is vir Can-A-Kilo, ‘n projek wat beoog het om 12 000 blikkieskos in te samel, te skenk.

Omdat daar geen afsetgebiede aan die Wes-Rand was nie, het Amanda besluit sy wil wys dat die Wes-Rand ook kan bydra.

Die News-span het vir Armand du Plessis, Mnr Suid-Afrika 2014, gevra of hy sal kan help en hy het toe vir Kenmare Kleuterskool genader het.

“Ek het geweet dat die kleuterskool my sal bystaan omdat hulle my nog voordat ek die titel gehad het ondersteun het.”

Hy het gesê vir hom gaan dit nie net oor om die titel te dra en rooitapytgeleenthede by te woon nie, maar eerder om vir baie te kan wys dat enigiemand ‘n verskil in hulle gemeenskap kan maak.

“Dit is daarom vir my lekker om te weet dat plekke wat in my geglo het my nog steeds ondersteun as ek hulle vra.”

Zani Brits, ‘n onderwyseres by die skool het gesê dit is ook vir hulle lekker om by so ‘n projek betrokke te wees.

“Ek dink amper die kinders geniet dit baie meer as ons. Hulle was so opgewonde en sommige het sommer met sakke aangekom.”

Sy het gesê dit leer ook hulle kinders dat daar ander kinders is wat soms sonder ‘n bord kos bed toe gaan en dat die gemeenskap kinders soos hierdie moet help.

Amanda het gesê sy kan nie wag om Ivan se gesig te sien wanneer hy die blikkies in Junie by haar gaan kom afhaal nie.

“Ek dink ek gaan baie trots wees om ‘n Wes-Rander te wees!”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button