Local newsNews

[FOTO’s] Die News beland op ‘n rolprentstel

'n Handjievol van die land se beste akteurs het in Krugersdorp gekuier om die laaste tonele van 'n gewilde televisiereeks te skiet.

Dit was net ligte, kameras en aksie op die stel van ‘n bekende televisiereeks.

Inwoners van Krugersdorp het die geleentheid gehad om hulle bakkies op die kleinskerm te wys toe die gewilde televisiereeks Getroud met Rugby se vierde seisoen geskiet is. Die vervaardigers het inwoners genooi om as ekstras op te tree.

Agter die skerms op die Getroud Met Rugby-stel in Krugersdorp.
Agter die skerms op die Getroud Met Rugby-stel in Krugersdorp.

Sterre soos Neels van Jaarsveld, Altus Theart, JC Snooke, Marlon Roelfze, Chrystal Donna Roberts, Johan Scholtz en Cindy Swanepoel het hulle verskyning in die ikoniese kroeg van die Herberg Hotel gemaak.

Toe die tonele geskiet is wat in hotel afspeel, het ‘n handjievol van die personeel op die stel tjoepstil gestaan en elke tree van elke akteur en ekstra stip dopgehou. Wanneer die regisseur gesê het, “Aksie”, het die hele verhaal voor jou oë afgespeel.

Een ding is seker, die filmbedryf is nie vir sissies is nie, selfs nie eers vir die ekstras nie.

Sommige tonele is herhaaldelike geskiet terwyl ander met sowat twee probeerslae volgens die regisseur René van Rooyen perfek is.

Pasella-aanbieder Crystal Donna Roberts en Neels van Jaarsveld is gereed vir aksie op die GMR-stel.
Pasella-aanbieder Crystal Donna Roberts en Neels van Jaarsveld is gereed vir aksie op die GMR-stel.

Die ekstras het dit ook nie veel makliker nie, wat hulle moes in die agtergrond geluidloos gesels en gebare maak want hulle mag nie fluister of praat nie.

Sodra die een toneel klaar was, is die stel voorberei vir die volgende toneel.

René en haar assistentregisseur Niel-Bennett Grib het die draaiboek dan saam met die akteurs en ekstras deurgegaan en die volgende toneel vir hulle verduidelik. Dan is die toneel gerepeteer.

Toneelspel is duidelik in hierdie akteurs se bloed want binne sekondes het hulle van grapjasse in ernstige akteurs verander.

Johan Scholtz, die spanafrigter op die GMR-stel in Krugersdorp.
Johan Scholtz, die spanafrigter op die GMR-stel in Krugersdorp.

Daarna is die akteurs en ekstras gestuur om hulle hare, grimering en klere reg te kry voordat die werklike harde werk begin.

Dan was dit alle grappies op ‘n stokkie en die akteurs het gedoen wat hulle die beste doen.

12 uur ‘n dag, ses dae ‘n week en 12 weke later is gelykstaande aan ‘n 13-episode reeks vol rugby, pom-pom meisies en drama.

GMR se vierde seisoen vier skop op 14 Julie op kykNET af, so gryp jou springmielies en kombers en maak reg vir kleinskermaksie.

Agter die skerms op die Getroud Met Rugby-stel in Krugersdorp.
Agter die skerms op die Getroud Met Rugby-stel in Krugersdorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button