Oupa en ouma se groot 1950’s-bederf
Ongeveer 250 oumas en oupas het die geleentheid gekry om te sien wat hul kleinkinders by Protearif Kleuterskool aanvang – met 'n terugblik na die 1950's.
Die reuk van springmielies en hamburgers het Laerskool Protearif se skoolsaal tydens ’n onlangse kuiergeleentheid gevul.
Marelise Koekemoer, ’n Graad R-onderwyseres by die skool het gesê ongeveer 250 oumas en oupas is genooi om ’n dag saam met hul kleinkinders te spandeer en pienk melkskommels te geniet.

Die tema van die dag was Pretville (’n fliek wat die lewe uit die 1950’s uitbeeld). Die skoolsaal is met bont kleure versier om by die tema aan te sluit.
“Die pretdag het ook die kleuters die geleentheid gebied om hul grootouers te wys waarmee hulle so besig is by die skool. Hulle kon so ’n bietjie spog met hul juffrouens en die oulike aktiwiteite by die kleuterskool.”
Tydens die geleentheid het die onderwyseresse as kelnerinne opgetree en hulle moes omtrent hul storie ken.

“Die kinders het die oupas en oumas later verras met ’n paar liedjies wat hulle gesing het asook met ’n slagorkessie voordat daar ’n musiekblyspel met die naam Pretville opgevoer is, wat almal na hul asems laat snak het.”
Om die kosbare oomblikke vas te vang is die oumas en oupas saam met hul kleinkinders afgeneem.

Verwante artikels:
• Fondsinsameling vir seun wat sterf
• Protearif se kleuters hou atletiekdag
• Protearif se Graad R’e klim en klouter
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
