Vier rondtes se proewe later en hierdie verdedigende vleuel spog met provinsiale kleure.
Die 12-jarige netbalster van Laerskool Kenmare is die enigste netbalspeler van haar span wat vanjaar vir die Gauteng onder 12-span gekies is.
Trots vertel Johannè Meyer aan die News hoe sy deur vier rondtes van proewe moes veg vir die trotse titel as die beste VV in die provinsie.
“Sowat 1 528 skole het aan die netbaltoernooi deelgeneem, wat hierdie prestasie merkwaardig maak,” sê haar pa.
Sy is ook as die beste speler en beste verdedigende vleuel van die Oranje Meisieskool-toernooi aangewys tydens ‘n toer vroeër vanjaar na Bloemfontein.
“Dit is vir my ‘n baie lekker sport, veral omdat ek daarin presteer,” het Johannè gespog.
Hierdie blitsvinnige VV het ook aan die begin van die jaar die D2-atletiekspan gehaal vir die 1 200-meter item.
Sy presteer nie net op die sportveld nie maar ook in die klaskamer en het akademies kleure ontvang om dit te bewys.
Behalwe vir sport, geniet sy skool verskriklik en meen dat Wiskunde haar gunsteling vak op die oomblik is.
Johannè sien daarna uit om volgende maand aan die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe by Hoërskool EG Jansen deel te neem wat.
Verwante artikels:
• VIDEO: Zoë newest member of tween pop group
