Local newsNews

[FOTO’s] Nuwe president vir Monument Rotariërklub

Nuwe president Jacques Volschenk wil sy allerbeste vir die klub gee en wil daarin poog om die hoë standaarde wat deur die vorige presidente gestel is, te handhaaf.

Die nuwe president van die Monument Rotariërklub wil voortbou op die sukses van sy voorgangers.

Jacques Volschenk het verlede Donderdagaand, 25 Junie, die leisels by Arnold Botha oorgeneem en gesê dat dit ‘n eer is om te weet dat die lede soveel vertroue het om hom vir die volgende jaar as president van die klub te sien lei.

“Ek wil my allerbeste vir die klub gee en wil daarin poog om die hoë standaarde wat deur die vorige presidente gestel is te handhaaf.”

Hy het voorts gesê dat hy op al die Rotariërs kan staatmaak vir hulle ondersteuning om die internasionale Rotariër-tema van vanjaar ‘Wees ‘n geskenk vir die wêreld’ te implementeer.

Jacques het ook van die geleentheid gebruik gemaak om Arnold vir sy jaar as president te bedank en het aan hom ‘n aandenking oorhandig.

“Ek is seker jy sal dit met trots en eer dra. Jou sterk persoonlikheid, entoesiasme, energie, toewyding en humorsin het ons klub deur ‘n uitdagende jaar gedra.”

Brian Cornelissen is ook deur Jacques as die jongste toevoeging van die klub verwelkom en is as ‘n lid ingehuldig.

Die volgende pligte sal gedurende die jaar deur Arnold Botha (Klub-sekretaris), Wayne Nell (Klub-tesourier), Reymond Vermooten (Sergeant-at-Arms), Brian Pretorius (lidmaatskap), Brian Cornelissen (skakelbeampte) en Gabriel Vieira (dienste projekte) behartig word.

“Ek wil graag elke Rotariër en hulle familielede wat die spesiale geleentheid saam met ons deurgebring bedank.”

Related articles:

• Rotary Club announces new president

• Rotary Club honours leaders from the community

• Rotary Club Presidential Induction

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button