Local newsNews

Hulle hande skep werk

Vroue skep werk met afvalmateriaal en hope passie.

Vyf vroue en ’n man het vier maande gelede ’n stap van geloof geneem deur ’n werkskeppingsorganisasie te stig met die naam I Umbunto.

Hulle het dié organisasie begin in Krugersdorp-Wes, waar hulle beoog om na werkloses uit te reik.

“Ons wil hulle help hulself help,” het Basil Bines verduidelik wat by die organisasie betrokke is.

Een van die projekte waarby hulle betrokke is, sluit in om klere en uniforms te maak en te herstel.

Fondse wat hierdeur gegenereer word, word weer in die organisasie teruggeploeg om voorraad aan te skaf vir groter projekte en sodoende die organisasie te laat groei.

Met afvallap en naaldwerk benodighede wat geskenk is, maak hulle klere en skep so werksgeleenthede.

Hulle beoog ook om naaldwerkklasse aan te bied waar hulle vir ander die vaardighede kan leer sodat hulle so ’n inkomste kan verdien en vir hulself sorg.

Hulle het gesê hulle sien ook uit na die matriekafskeidseisoen en meen dat hulle goeie kwaliteit rokke kan maak teen billike pryse.

Vir meer inligting oor I Umbunto, kontak Judith Bines by 084 530 3522.

Verwante artikels:

• Job creation initiative launched on local turf

• Bejaardes ontvang emmers vol liefde

• Nuwe hoop vir organisasie na skade aan voertuig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button