Local newsNewsSchools

[VIDEO+FOTO’s] Proties hou Bokke-potjie

Die reuk van Protearif Kleuterskool se potjies het Krugersdorp se monde heel Saterdag laat water.

Op julle merke, gereed, kook!

Van hoender en bees tot kerrie-skaapskenkel, Protearif Kleuterskool se jaarlikse potjiedag was ‘n smaaklike geleentheid wat die hele familie onder een gazebo saam laat kook het.

Op die winderige Saterdagoggend, net so voor die Springbokke teen Japan sou speel, het ouma, oupa, ma en pa gereed gemaak om ‘n kans te staan om die Protie Potjie-trofee te wen.

Gideon en Sonja Swanepoel het die gazebo met 'n rugby tema versier.
Gideon en Sonja Swanepoel het die gazebo met ‘n rugby tema versier.

Die wenner, wat al vir drie jaar in ‘n ry wegstap met die eerste prys, was Hendri Katzke met sy hoender-en-beespotjie. Hendri het met ‘n R1 000 kontankprys, ‘n wegbreeknaweek vir ses en die gesogte trofee weggestap.

Maar Proties het nie van al die ander deelnemers vergeet nie.

Elke potjie-sjef het ‘n prys gekry vir wat hulle oorspronklik gemaak het.

“Die potjie wat nog rou was teen beoordeeltyd het ‘n flitslig gekry sodat daar gesien kan word wanneer hy uiteindelik aan die einde van die dag gaar is,” het die kleuterskoolhoof, Helena Koekemoer, laggerig gesê.

Teen middag het die Sprokie Konsert in die skoolsaal afgeskop waar die twee- tot sesjariges hul ouers baie trots gemaak het. Die oe’s en ah’s van die gehoor het aanhoudelik weerklink in die saal.

Mieke Hoffman dans lekker in 'n padda-kostuum saam met haar klasmaats.
Mieke Hoffman dans lekker in ‘n padda-kostuum saam met haar klasmaats.

Helena het verduidelik dat hierdie dag elke jaar ‘n wonderlike geleentheid is vir die ouers om mekaar te leer ken en om te ontspan. Elke span het moeite gedoen met hul gazebo’s met Springbok temas te versier.

Die wenner, Hendri, het selfs ‘n egte bok saamgebring as ondersteuning vir die laatmiddag Wêreldbeker-spel.

Kliek hier om na nog foto’s te kyk.

Verwante artikels:

• Potjies prut by Protearif

• Speel en klouter vir Proties se Gr R’e

• Oupa en ouma se groot 1950’s-bederf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button