NewsSchool sportSchoolsSport

Kennies se kampioene

Laerskool Kenmare se sportsterre blink uit in boks en karate.

Laerskool Kenmare spog met twee leerlinge wat op nasionale en internationale vlak uitblink.

Nicoleen du Plessis het vanjaar haar Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) Protea kleure verwerf vir karate en Suid-Afrika twee keer verteenwoordig.

Eerstens het sy Suid-Afrika by die Africa Zone 6 Kampioenskappe verteenwoordig, waar sy in haar ouderdomsgroep gewen het.

Nicoleen het tweedens die land tydens die Commonwealth Karate Kampioenskappe in Indië in September verteenwoordig en as die 2015 Commonwealth Kampioen in haar ouderdomsgroep weggestap.

Sy was een van vyf Suid-Afrikaanse atlete wat goud tydens die kampioenskappe behaal het.

Hierdie karatester was vanjaar onoorwonne in die land, kontinent en by die Commonwealth Kampioenskappe. Sy is ook nommer een in Suid-Afrika vir kumite volgens Karate Suid-Afrika.

Die skool se ander sportster, Brandon Beukes in Graad 7, is in September verkies om Gauteng te verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Seuns en Dogters Bokskampioenskappe.

Brandon Beukes is gekies om Gauteng te verteenwoordig by die Bokskampioenskappe.
Brandon Beukes is gekies om Gauteng te verteenwoordig by die Bokskampioenskappe.

Hy het in die 60kg-divisie deelgeneem en is nou die Suid-Afrikaanse bokskampioen in sy divisie.

Laerskool Kenmare is baie trots op hul twee kampioene.

Verwante artikels:

• Prettige atletiekdag by Kenmare gehou

• Kenmare baan die weg met 3D-onderrig

• Kennies are judo champs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button