Paartjie begin kunsbeweging in erf
Nuwe gesigte in die buurt maak hul huis oop vir kunsliefhebbers.
Martie Hughes en haar maat het onlangs na Krugersdorp verhuis en besluit om hul huis en erf vir kunstenaars en kunsliefhebbers oop te stel.
Martie, wat self ’n kunstenaar is, het eers haar eie unieke kunswerke begin uitgestal en moedig ander kunstenaars aan om by hulle aan te sluit.
Op die oomblik stal Martie net haar eie kuns elke tweede Saterdag uit, maar die paartjie wil graag in die toekoms verskeie kunstenaars van die dorp se werke uitstal.
Martie skilder al die afgelope 23 jaar en meen dat water en die see haar grootste inspirasie is.

Alhoewel sy geen formele opleiding in kuns het nie, meen sy dat elke kunsstuk uit haar siel kom.
Die paartjie sê dat enige persoon wat goedere met die hand maak welkom is om hulle te kontak om aan die maandelikse uitstalling deel te neem wat by Jorissonstraat 343 in Monument gehou word.
“Hierdie bied onbekende kunstenaars die geleentheid om hul talente met die dorp te deel,” het Martie gesê.
Martie het reeds ’n reeks skilderye te koop, maar is ook bereid om op aanvraag te skilder.
Vir meer inligting, kontak Martie by 083 688 6265 of Staurt Kiloh by 061 403 4557.
Verwante artikels:
• ‘n Oomblik in ‘n skets vasgevang
• Bastion se kunstenaars spog by uitstalling
• Kuns was altyd deel van Marsha
