Ontmoet Noordskool se mooistes
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in Noordskool-land?
Laerskool Krugersdorp-Noord se Mnr en Mej Norie-funksie was die glansgeleentheid van die jaar.
Nagenoeg 180 kinders was deel van die uitdunaande met die tema ‘Kom Rock die Rooitapyt’.
Tydens dié aande kon die leerlinge enige era van rock n roll na die rooitapyt en loopplank bring.
Die beoordelaars het omtrent ’n moeilike taak gehad, want slegs 70 kinders kon deurdring na die gala-aand wat op 29 September gehou is.

tweede prinses Erika Enslin.
“Die glinster in die kinders se oë, die verwondering op hul gesigte en hul breë glimlagte het al die harde werk die moeite werd gemaak. Die gala-aand met ’n rooitapytglans-tema was asemrowend en die finaliste het pragtig gelyk in hul aandrokke en deftige pakke,” het Winette Genis, die organiseerder gesê.

Weereens het die beoordelaars, onder meer Mnr Suid-Afrika Armand du Plessis, ’n strawwe taak gehad, maar die volgende leerlinge is as wenners aangekondig:
Junior:
Mnr Norie: Slade Lindeque
Eerste prins: Dawid de Beer
Tweede prins: Heindrich Booysen
Mej Norie: Karli Liebenberg
Eerste prinses: Lolana de Bruyn
Tweede prinses: Erika Enslin
Senior:
Mnr Norie: Minnaar Brand
Eerste prins: Waldo van den Berg
Tweede prins: Xander Graham
Mej Norie: Danè Marais
Eerste prinses: Chanè de Jager
Tweede prinses: Sunè Enslin

tweede prins Xander Graham.
“Laerskool Krugersdorp-Noord is baie trots op elke wenner, maar ook op elkeen wat die moed gehad het om die loopplank aan te durf. Julle is almal sterre. Baie dankie aan die fotograaf wat die foto’s op die aand geneem het.”
Verwante artikels:
• Noordskool-welpies skop stof in Trinity se oë
• Nories se redenaarskampioene
• Hokkievaardighede in ‘n goeie gees geleer
