Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

[VIDEO] Konsertina-en-kitaar-album maak opslae

Hans het vanjaar 'n Satma-toekenning vir sy boeremusiekalbum gekry.

Hy speel al sedert sy tienerjare boeremusiek. Nou, byna 50 jaar later het Hans Bothma ‘n nasionale musiektoekenning losgeslaan.

Hans het in Oktober by die Universiteit van Zululand in KwaZulu-Natal ‘n Suid-Afrikaanse Tradisionele Musiek Vereniging (Satma) toekenning vir die beste boeremusiekalbum gewen. President Jacob Zuma, VSA President Barack Obama se ouma vanuit Kenia en die dogter van Malcolm X, ‘n Amerikaanse kampvegter vir menseregte het ook hul verskyning by die gala-aand gemaak.

Volgens Hans is boeremusiek steeds sterk in aanvraag in die land. Daarom het hy ‘n CD genaamd Langarm Boerejol onlangs uitgereik. Hierdie CD is by Takealot.com en iTunes beskikbaar.

Hier speel Hans ‘n tradisionele lied:

Hans het in Pretoria grootgeword en daar sy liefde vir musiek ontdek.

“Wanneer daar ‘n huispartytjie was, het ek baie onder die klavier aan die slaap geraak, net om weer wakker te word en die konsertina wat agtergebly het te ondersoek wanneer almal gaan slaap het,” het Hans vertel.

Hans het na skool groot opgang in die weermagorkes in die destydse Suidwes-Afrika (vandag se Namibië) gemaak en selfs vir Radio Sonder Grense (RSG) opnames gedoen. Hans onthou daardie tyd as sy goue musiekjare.

In 1995 het Hans eers onder die leiding van Pat Maloney begin leer hoe om die ingewikkelde instrument behoorlik te bemeester.

“Dit neem die meeste musikante maklik 50 jaar voordat hulle die konsertina regtig goed kan bespeel,” het hy vertel.

Anders as wat geglo word, is die konsertina nie net vir boeremusiek bedoel nie. Die instrument is in die 18de eeu in Engeland gemaak om in simfonie-orkeste gespeel te word, hoewel die konsertna grootliks aan boeremusiek gekoppel word.

Hans het self die nommers op Langarm Boerejol saamgestel en gedeeltelik verwerk, en van die bekendste konsertina- en trekklavierspelers het hul deel bygedra. Daar is ook twee van Hans se eie komposisies op die album ingesluit.

Die finale verwerking van die nommers en die produksie van die CD is deur die bekende Jaco van Deventer, oudlid van Beeskraal-orkes en beoordelaar op kykNET se onlangse program Varstrap behartig.

Lees ook:

Hunter eet, slaap en drink musiek

Die Penkoppe wen ‘n Ghoema

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button