Noordskool sluit jaar met sukses
Noordskool spog met verskeie prestasies en kondig hulle nuwe leiers vir volgende jaar aan.
Dit was ‘n suksesvolle jaar vir verskeie leerlinge van Noordskool wat die jaar met puik prestasies afsluit.
Tydens die afgelope Raca-Kunstefees, Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika en Hoërskool Monumnet se Kunstefees, het ‘n handjie vol leerlinge van Noordskool uitsondelike prestasies behaal.

By die Raca-Kunstefees is Dawid de Beer aangewys as die algehele wenner vir die Instrumentale Kategorie in die Junior fase wat Graad 1-3 insluit.
Karlin Kock is as die algehele wenner in die Instrumentale Kategorie in die Senior Primêre fase aangewys.

By die Nasionale Eisteddfod het Erika Enslin die Ambassadeurstoekenning vir ‘n dans-item gekry terwyl Sunè Enslin as die Junior Kategoriewenner vir Openbare Redevoering aangewys is.
Sunè Enslin en Sunè Rennie is ook as Kategorie wenners vir die Klavier Duet (Junior) aangewys.

By Hoërskool Monument se Instrumentale Eisteddfod is Karlin ook aangewys as die wenner vir die Instrumentale Kategorie in Klavier en Tjello (Senior Primêr).
Dawid is ook as die wenner in die Instumentale Kategorie in die Junior Fase aangewys.
Slimkop Stefan Joubert het aan die Distrik Natuurwetenskappe en Tegnologie Olimpiade deelgeneem waar hy ‘n derde plek behaal het.

‘n Week later het hy aan Gauteng se Natuurwetenskappe en Tegnologie Olimpiade deelgeneem waar hy onder die eerste 10 leerlinge geëindig het.
Cornè Nel, Reuben van der Merwe, Dihan Barnard en Jean-David Hensley het aan die Gauteng Streek Proewe deelgeneem en is gekies om die span aan die einde van die maand in ‘n toernooi te verteenwoordig.

Donè Senekal, Carisma Vermeulen, Danè Steyn, Danica Lightfoot, Jana Reichel en Danè Visser is vir die D2 hokkiespanne gekies in hulle verskillende oudersdoms groepe.
Laastens spog Noordskool met hulle nuwe leiers vir 2016 wat Luca Badenyhorst (hoofseun), Sunè Rennie (hoofdogter), en Monè Bekker, Waldo van den Berg, Martin Herbst en Sunè Enslin as onderhoofleiers insluit.
Soortgelyke artiekels:
•Knapgedaan vir Noordskool se sportster
•Noordskool spog met top presteerders
•[FOTO’s] Noordskool kinders presteer of verskeie gebiede
