Ruiters besoek dorp tydens Herdenkingsrit
Die ruiters van Herdenkingsrit 2015 sal soveel as moontlik historiese landmerke en erfenisterreine tydens die reis insluit op pad na die eindbestemming.
Drie vasberade ruiters het in 2012 ’n uitdagende reis te perd aangepak – van die Voortrekker Monument in Pretoria tot by Bloedrivier in KwaZulu-Natal.
Hulle het dit reggekry om hierdie rit van 550km in slegs 13 dae te voltooi. Die perde het met diedelfde stel skoene die reis geëindig as waarmee hulle dit begin het.
Johan Nell en Theunis van Staden, die stigters van die Herdenkingsrit, soos dit bekendstaan, het besluit om die hele proses hierdie jaar te herhaal, maar met nuwe uitdagings, ’n nuwe, langer roete en twee meer ruiters.
Die ruiters van Herdenkingsrit 2015 sal soveel as moontlik historiese landmerke en erfenisterreine tydens die reis insluit op pad na die eindbestemming.
Die groep vertrek op 28 November vanaf die Voortrekker Monument. Hulle sal op 29 November by die Paardekraal Monument in Krugersdorp arriver. Op 16 Desember beoog hulle om by die Vrouemonument in Bloemfontein te arriveer vir die Geloftefees-verrigtinge.
Die span is indrukwekkend. Afgesien van die vyf ruiters – Theunis van Staden, Johan Nell, Bea Hildebrand, Fiona van Staden en Leoni Neilson – lees die res van die ‘bemanning’ se onderskeie rolle soos iets uit ’n verhoogproduksie.
Brits Film Productions is die filmspan en saam met Lowveld Media, Maroela Media, Koepel Stereo en RSG sal hulle sorg dat alle platforme van media gedek word sodat die aanhangers genoegsame inligting ontvang om elke hoefspoor in die gees te kan meemaak.
Die slagspreuk vir die Herdenkingsrit lui ‘Uit die stof aan ons hoewe ontsteek die vonk van ons herkoms. Uit die ink van ons vere vlam die trots van ons toekoms’, en dit is presies wat die span beoog om te doen.

Die roete is as volg:
• 28 November – Pretoria, Voortrekker Monument
• 29 November – Krugersdorp, Paardekraal Monument
• 2 Desember – Parys, Danie Theron
• 3 Desember – Vredefort
• 4 Desember – Koppies
• 6 Desember – Kroonstad
• 8 Desember – Ventersburg
• 9 Desember – Winburg
• 14 Desember – Brandford
• 15 Desember – Bloemfontein
• 16 Desember – Vrouemonument
Plaaslike ruiter en finalis van Miss Deaf SA Anzunél Erasmus gaan ‘n praatjie lewer oor haar lewe saam met perde en ook die rol wat perde in geskiedenis gespeel het.
Nog ‘n ruiter wat ook gehoorgestremd is, Bea Hildebrand, gaan ook gesels oor haar lewe en hoe perde haar help.
* Die News bedank graag vir Anchen Coetzee van die Baberton Times vir haar hulp met die saamstel van hierdie artikel.
Verwante artikels:
• Being deaf doesn’t hold her back
• Erfenisstigting was verf van beelde af
• Beskerm óns geskiedenis, eis VF+
