Local newsMunicipalNews

‘Hulle kies wanneer hulle wil werk’

'n Inwoner is vies oor die "swak" diens wat Mogale City munisipaliteit lewer.

‘n Chancliff inwoner het die News genader oor die “swak diens” wat Mogale City Munisipaliteit lewer.

Andre Minnaar en sy dogter bly vanaf Mei in Krugersdorp en ervaar dit as ‘n lewendige en vriendelike dorp, maar ‘n onglangse voorval met munisipale dienste laat Andre wonder oor hulle toekoms in die dorp.

“‘n Elektriese draad, aan ‘n paal geheg, het vir weke ‘n kortsluiting gegee en die paal het toe uiteindelik heeltemal omgeval en die drade het losgekom. Ons het die munisipaliteit gebel, maar díe het eers oor die naweek uitgekom en ons vir dae sonder krag gelos,” het Andre gesê.

Bonop voel Andre munisipale werkers kies wanneer hulle wil werk.

“Toe ek hulle vra waarom hulle nou eers opdaag, vertel die een my ewe hoe hulle liewer op naweke uitkom omrede hulle oortyd betaal word en min betaal word as hulle deur die week werk.”

Andre was diep geskok oor wat hy gehoor het en voel dit is geen verskoning om nie jou werk te doen nie.

Nie net het die gesin vir dae sonder krag gesit nie, maar toe ‘n kontrakteur die sypadjie grond uitgrou sodat die elektriese kabels ondergrond kon verskuif word, kap hy toe ‘n waterpyp raak.

“Die water het uitgstroom vir ses uur en het selfs een van my bure se damme volgemaak,” sê Andre.

Andre voel as swak diens toegelaat word, gaan die dorp nie lank hou nie. Hy het oor beide sake by Mogale City Munisipaliteit gekla, maar sê die persoon aan die ander kant van die telefoon het nie verstaan wat hy sê nie.

“Toe ek die kortsluiting rapporteer, word daar ‘n brandweerwa uitgestuur vir ‘n vuur.”

Bonop alles is die sypaadjie langs Andre se huis met groot klippe besmet. Volgens Christo Peyper, leier van die Demokratiese Alliansie in Mogale City, is dit die munisipaliteit is verantwoordelik om vir die sypaadjies om te sien omrede hulle daar dienste lewer.

“Ek het nie tyd om self al hiedie klippe te verwyder nie, ” voeg Andre by.

“En nou werk die straatligte ook nie.”

Verwante artikels:

Crime on the increase in Mogale City

Auditor General applauds Mogale City

Mogale City electricity tariffs highest in the country?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button