Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

‘Ek moes geboorte gee aan my dooie baba’

Martonette sê haar ongebore baba was potblou toe sy aan hom moes geboorte skenk natdat hy dood verklaar was.

‘n Gebroke Martonette Kleynhans glo dat die dokter te blaam is vir haar ongebore baba se dood vroeër die maand.

Aanvanklike artikel: Baby dies after doctor refused a C-section

Sy was agt maande swanger toe haar baba dood verklaar is nadat ‘n dokter by Leratong Hospitaal ‘n sonar gedoen het op 2 November.

Amper ‘n maand na die tragies dood van hulle seuntjie, wag Martonette steeds vir ‘n skraap.

“Daar is steeds ‘vuilgoed’ van die baba wat agter gebly het binne my, en die dokters weier om ‘n skraap te doen,” het Martonette gesê.

Alhoewel die nadoodse ondersoek sertifikaat sê dat die baba aan natuurlike oorsake dood is, voel Martonette dat die oorsaak weens nalatigheid is.

“Hulle het geweier om ‘n keisersnit te doen. My kind het binne my versmoor, en toe forseer hulle my om geboorte te gee aan my dooie kind.”

Sy meen dat sy die dokter herhaaldelik gevra het om ‘n keisersnit te doen omdat sy al van tervore vier miskrame gehad het.

“Ek glo in my hart dat die dokter nalatig was.”

'n Sonar en 'n nadoodse verslag is al wat Martonette Kleynhans oor het nadat haar ongebore baba dood verklaar is verlede maand.
‘n Sonar en ‘n nadoodse verslag is al wat Martonette Kleynhans oor het nadat haar ongebore baba dood verklaar is.

Martonette het glo ook ‘n doktersbrief vanaf ‘n ander dokter gehad wat gestipuleer het dat haar baba deur middel van ‘n keisersnit gebore moet word.

Wat haar ook steeds ontstel is dat die dokter wat glo geweier het om ‘n keisersnit te doen, nie eers die ordentelikheid gehad het om die slegte nuus aan haar oor te dra nie.

Martonette het aan die News verduidelik toe haar baba uitkom, was hy potblou.

Danksy ‘n barmhartige samaritaan hoef die Kleynhans gesin nie ‘n sent uit te haal vir die baba se verassing nie.

“Baie dankie aan Yolandi Coetzer wat al die reëlings vir ons getref het by die begrafnis ondernemers.”

Die gesin beoog om binnekort na Rustenburg te vertrek vir ‘n afskeidsdiens waar die baba se as gestrooi sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button