Local newsNews

Die Sewende Dag Adventiste Kerk het geskuif

Die Adventiste Kerk is ook bekend as ’n kerk wat omgee en baie mense is bekend met hul Mobiele Etes (Meals on Wheels) inisiatief.

Die Sewende Dag Adventiste Kerk wat in Dan Pienaarville was, het na Clewstraat 12 in Kenmare geskuif.

“Die Here het ons geseën met ’n groter en veiliger perseel en ons nooi almal om op die Sabbat (Saterdag) saam met ons te kom aanbid. Ons stel veral belang om met lidmate in kontak te kom wat in die Krugersdorp- of omliggende area bly van wie ons nie weet nie. Miskien het u onlangs hierheen verhuis of weens ander omstandighede nog nie die kerk opgespoor nie. Ons wil graag van u hoor en kennis maak,” het ds Gustav van Niekerk gesê.

Die Kerk is die grootste Protestante sendingkerk in die wêreld. Hulle werk in 216 van die 237 lande in die wêreld. Daar sluit daagliks ongeveer 3 000 lidmate by die kerk aan, wat beteken dat ons elke jaar 2 000 nuwe gemeentes stig.

“Omdat ons fokus op die verlossende genade van Jesus Christus en Sy spoedige wederkoms is, is ons ook die vinnigste groeiende kerk in die wêreld,” het hy gesê.

Die Adventiste Kerk is ook bekend as ’n kerk wat omgee en baie mense is bekend met hul Mobiele Etes (Meals on Wheels) inisiatief.

Hulle het 173 hospitale en 143 klinieke regoor die wêreld en ADRA (Adventist Disaster and Relief Agency) is ook in 130 lande bedrywig met ramplenigings- en opheffingswerk.

“As jy ’n kerk soek wat nog getrou die Woord van God verkondig en nie deur die politiek van die dag of die sosiale media beïnvloed word nie, is u welkom om by ons te kom inloer,” het hy gesê.

Gratis leesstof en DVD’s oor ’n wye reeks onderwerpe is ook beskikbaar op aanvraag.

Vir verdere navrae kontak Gustav by 072 211 9133 of vir Chris Schoeman by 079 369 2704 of besoek hulle by www.sdakrugersdorp.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button