Local newsNews

Oupa Botha word 90

Inwoner vier sy 90ste verjaarsdag.

Sowat 70 vriende en familie was deel van Oupa Korrie Botha se 90ste verjaarsdagviering verlede maand.

Vriende en familie wat van ver gekom het, het Korrie, beter bekend as Oupa Botha, met ’n spesiale partytjie verras in die Krugersdorp Duiweklub se saal.

Selfs Oupa Botha se jonger broer, 84-jarige Hansie Botha het van Pretoria af gekom om die spesiale dag saam met hom te vier.

Robert Botha, een van sy seuns, ’n bekende inwoner en voormalige onderhoof van die Mogale City Verkeersdepartement, het ’n hartroerende toespraak gelewer.

Alhoewel Oupa Botha se sig en gehoor nie meer 100 persent is nie, is hy steeds redelik selfstandig en woon op sy eie op ’n plot in Boltonia by een van sy kinders.

Soortgelyke artiekels: 

96-jarige is self verras oor verjaardag

Omgee-kerk vier verjaardag

Oupa word 100 op Nuwejaarsdag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button