Local newsNewsUpdate

Soos die Voortrekkers, 600km op perde

Vyf ruiters het besluit om 'n herdenkingsrit op hulle perde te voltooi, al die pad tot by die Vrouemonument in Bloemfontein.

Van die Voortrekker Monumnet in Pretoria, tot by die Vrouemonument in Bloemfontein – 600 kilometers gaan vyf vasberade ruiters nie keer nie.

“Uit die stof aan ons hoewe ontsteek die vonk van ons herkoms. Uit die ink van ons vere vlam die trots van ons toekoms,” lui die slagspreuk van hierdie uitdagende Herdenkingsrit.

“Johan Nell en Theunis van Staden, die stigters van die Herdenkingsrit, soos dit bekendstaan, het besluit om hierdie jaar die rit weer saam met drie ander ruiters aan te pak,” het Juliette Whelpton, skrywer van Helde met Hoewe wat ook vanjaar die Herdenkingsrit aanpak, vertel.

Hulle doelwit is om blootstelling aan Afrikaner geskiedenis sowel as dowe ruiters te gee.

“Die groep het op 28 November vanaf die Voortrekker Monument vertrek en beoog om op 16 Desember by die Vrouemonument in Bloemfontein te arriveer vir die Geloftefees-verrigtinge,” vertel sy.

Leoni Neilson, Anzunéel Erasmus en Bea Hildebrand.
Leoni Neilson, Anzunéel Erasmus en Bea Hildebrand.

Theunis van Staden, Johan Nell, Bea Hildebrand, wat gehoorgestremd is, Fiona van Staden en Leoni Neilson het op 29 November by die Paardekraal Monument, na hulle reeds 80 kilometer gereis het, tent opgeslaan om vir ‘n nag te rus.

“Ons het byna ‘n dag en ‘n half gevat om tot hier te kom,” vertel Theunis.

By die monument het Krugersdorp se eie Mej Doof Suid-Afrika finalis, Anzunél Erasmus, beduie hoe perde haar sielsgenote is en hoe vry en gelukkig ‘n mens op ‘n perd kan voel. Die Kudu Foundation het aanskouers se gehoor getoets en binne vyf minute kon jy vasstel of jou gehoor normaal is of nie, Hierdie organisasie doen sulke toetse by verskillende skole landswyd.

Maak soos die boere (vanaf links): Fiona van Staden, Theunis van Staden en Mej Doof SA Finalis, Anzunél Erasmus.
Maak soos die boere (vanaf links): Fiona van Staden, Theunis van Staden en Mej Doof SA Finalis, Anzunél Erasmus.

Theunis stem saam dat dit ‘n uitdaging is vir gehoorgestremde ruiters om perd te kan ry. Hy meen mense kom nie agter hoe aangewese ons op ons sintuie is totdat ons di tverloor nie.

Maar beide Bea en Anzunél glo die band tussen mens en perd kan selfs ‘n gehoorgestremdheid makliker maak.

“Wanneer ons van die hoofwegte afklim en oor die berge en dale begin loop, dan vergeet jy werklik van jou lessenaar in die stad of jou daaglikse struikelblokke. Dis net jy en die perd wat jou dra,” sê hy.

By die monument het Matthys van Tonder, ‘n lid van die feeskommitte, ook vertel van die restourering van ‘n ossewa waarmee Krugersdorpers eendag op die terrein kan ry.

Verwante artikels:

Monument wat gestorwenes herdenk lank al vervalle

Ruiters besoek dorp tydens Herdenkingsrit

Beskerm óns geskiedenis, eis VF+

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button