Editor's choiceLocal newsNews

Groot partytjie saam Mindalore se oudste

'n Straat is vernoem na Mindalore se oudste inwoner wat onlangs 90 geword het.

Oom Baltus Vermeulen, een van Mindalore se oudste en eerste inwoners, het verlede maand sy 90ste verjaarsdag gevier.

Saam met familie, lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum en ‘n jare lange vriend, Oom Henk Veenendal wat selfs 87 jaar oud is, het Oom Baltus sy verjaarsdag gevier.

Sy vriend is ook een van die oudste inwoners en meen dat hy die vierde inwonder in die area was.

Oom Baltus het sy erf in 1953 gekoop en sy huis laat bou deur oud Lewisham inwoner, Michael Dames en bly al vir 63 jaar daar.

Vermeulenstraat in Lewisham is na oom Baltus vernoem.

Oom Baltus het vier kinders saam met sy vrou, waarvan drie reeds self pensionarisse is.

Hy is nog baie gesond, bestuur nog self en vind dit baie moeilik om stil te sit en niks te doen nie.

Sy groot stokperdjie is houtwerk wat hy tot vandag nog doen sonder enige moeite sedert hy op 12 Desember, 30 jaar gelede afgetree het.

Hy vertel die News dat hy in al sy jare nog, glad nie water drink nie, behalwe ‘n klein slukkie saam met ‘n pyn tablet so wan en dan, net soos sy oorlede moeder wat self tot op die ryke ouderdom van 91 geleef het.

Die enigste vloeistof wat hy wel inneem is die sewe koppies koffie wat hy drink per dag, elke dag.

Hy vertel graag dat in sy getroude lewe, word sy eerste koppie koffie van die dag vir hom in die bed gebring.

Lede van die GPF Sektor 9 het Oom Baltus verras met ‘n spesiale verjaarsdagkoek om sy spesiale mylpaal saam met hom te vier.

Vir die GPF lede was dit voorwaar ‘n enorme voorreg om die dag saam met die oudste GPF gemeenskapslid te kon vier.

Oom Baltus het op 20 November sy 90ste verjaarsdag gevier met ‘n groot partytjie saam met sy vrou, Annatjie, hulle familie en vriende, sommiges met wie hy al vir meer as 50 jaar bevriend is.

Soortgelyke artiekels:

Die mooiste huis in die dorp

Poeding hou 95-jarige springlewendig

Oupa Botha word 90

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button