60 gelukkige en gesonde jare
Ouma en Oupa Ferreira meen dis slegs God se genade dat hulle so 'n suksevolle en lang huwelik het.
Oupa en Ouma Ferreira vier hul 60ste huweliksherdenking en is steeds smoorverlief.
Pierre en Anna Ferreira het op 3 Desember hul huweliksherdenking gevier en sê dit is absoluut die genade van God dat hulle steeds gelukkig is en nog gespaar is vir mekaar.
Oupa het glo al ’n ogie op Ouma gehad het toe sy in Standard 6 was. Sy het elke dag na skool verby hul huis gestap.
Die tweetjies het bevriend geraak en van daar af het die liefde behoorlik geblom.
Ouma het van jonks af vir Oupa geleer groente eet wat tot sy lang gesonde lewe bydra.
Ouma bederf hom elke dag met lekker kos, gebakte bederfies en sy kook ten minste drie keer per week.
Oupa wat welbekend is in die dorp, het vir lank rolbal gespeel.
“Hulle is so ’n wonderlike voorbeeld vir almal. Hulle lewe vir die Here, vir hul kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, familie en vriende. Gelukkige huweliksherdenking vir die beste oupa en ouma in die hele wêreld,” het Alcinda Strauss trots gesê.
Soortgelyke artiekels:
•Couple celebrates golden anniversary
•Paartjie haal halfeeu mylpaal
