Local newsNews

Krugersdorp verwelkom ‘n nuwe pastoor

Ontmoet Buks Hendrikz van die Volle Evangelie Kerk.

Die Rant-en-Dal se Volle Evangelie Kerk het ‘n nuwe pastoor – of herder, soos hy sê.

Pastoor Buks Hendrikz en sy gesin gaan vanjaar verhuis na Krugersdorp om die omliggende area te bedien met “die woord van die Here.” Buks het reeds verlede jaar by die kerk aangesluit en vertel dat die ontvangs van die gevestigde lede baie positief was.

“Ek is van Pretoria-Noord oorgeplaas om hervestigingswerk te doen by hierdie gemeente,” vertel die mense-georiënteerde pastoor.

Buks sê die kerk, wat op die hoek van Kameelperdlaan en Sterkfonteinstraat geleë is, is op die jeug sowal as bejaardes gefokus en die Sondagskool en “Adopt a senior” programme bewys dit.

“Ja, ek het beslis ‘n passie vir mense en veral vir die Here. Ons leef om ons mense te bedien,” sê hy.

Die Hendrikz gesin ondersteun Buks met al sy uitdagings. Hy is veral betrokke by mense wat “die laaste myl van hulle lewe stap.”

Buks gaan, en het reeds, as ondersteuningsbasis vir beide pasiënt en versorger optree. Buks sê dat tye wanneer mense siek raak, word hy baie gevra oor die hiernalmaals.

“Dit is belangrik om daar te kan wees vir mense wat deur so ‘n moeilike tyd gaan.”

Ten opsigte van die dwelm- en prostitusieprobleme in Krugersdorp, sê Buks daar sal ook betrokkenheid wees.

“Sulke probleme affekteer die hele dorp,” sê hy.

Die Volle Evangelie Kerk in Rant-en-Dal gaan elke Sondagoggend 9vm ‘n kerkdiens sowel as Sondagskool hê. Aanddienste gaan vanaf einde Januarie ook begin.

Verwante artikels:

• New drug hub: a community on its knees

• Kerk vier 100ste bestaansjaar

• [VIDEOS] Vele kerke, min lede?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button