Local newsNews

Nuwe naam vir reënboogkerk

Rant-en-Dal Gemeeskapskerk staan nou bekend as Rant-en-Dal Prisma.

Dis meer as net ‘n naamverandering nie – die rigting waarheen een van die mees prominente kerke in Krugersdrop beweeg, word ook verander.

Rant-en-Dal Gemeenskapskerk het in Desember verander na Rant-en-Dal Prisma en op 17 Januarie se oggenddiens is hierdie naam amptelik verwelkom. Díe kerk vorm steeds deel van die Nederduits Gereformeerde Kerk se sinodes.

“‘n Prisma is nie ‘n onbekende verskynsel nie. Almal van ons het al ‘n reënboog gesien,” lees die Lidmaatskap 101 boekie wat Sondag in die kerk uitgedeel is.

Rant-en-Dal Prisma se bemarkingsbestuurder, Kariné Taljaard, het verduidelik dat God die lig wat op die prisma, wat dan nou die kerk is, skyn en reënboogklere aan die ander kant laat uitskyn. “Die reenboog verteenwoordig die gemeentelede.”

Kleurvolle ballonne het oor die gemeente gestort toe die dominees die ballonhouer oopmaak.
Kleurvolle ballonne het oor die gemeente gestort toe die dominees die ballonhouer oopmaak.

Kariné het vir dae geswoeg om seker te maak die uitdeel van reënboogkoek, reënboogtoebroodjies en die vertoning van die kleurvolle dekor loop vlot af.

Dominee Jannie Pelser het die kerklede, wat ook helder gekleed was, vertel hoe die gemeente reeds kleurvol in vlees en siel is en het gesê dat die nuwe naam dit net bevestig.

Aan die einde van die 8.30vm diens was ‘n kartonprisma, wat met talle ballonne aan die dak opgehang was, oopgemaak. Ds Pelser, Wimpie Wasserman en Kenneth McKenzie het al drie die toutjie wat die ballonne in die prisma hou, getrek.

Toe die spul ballonne op die kerkverhoog val, het dit binne sekondes weer tussen die gemeente, veral in klien handjies, verdwyn.

“God se getal is ook sewe. Dis die getal van God se omvattende liefde en omgee vir alle mense,” lees die boekie verder.

Izabella Boonzaaier het, nes die talle ander kinders in die gemeente, vinnig gehardloop om haar eie ballon(ne) van die verhoog af te gaan haal.
Izabella Boonzaaier het, nes die talle ander kinders in die gemeente, vinnig gehardloop om haar eie ballon(ne) van die verhoog af te gaan haal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button