Local newsNews

Eerste doop in 105 jaar

'n Baba seuntjie is die eerste kind wat by SAVF Môreglans Tehuis gedoop is.

Dit was ‘n maand van vele veesvieringe by Môreglans Tehuis.

In November verledejaar is die tehuis 105 jaar oud en kort daarna word daar ‘n klein kind vir die eerste keer in die Kerk van Christus toegewy.

“Hierdie is ‘n publieke verbintenis voor God en die gemeente dat die ouers hulle bes gaan doen met die hulp van die Heilige Gees om die kind só op te voed dat hy ook ‘n navolger van Christus sal wil wees,” het Fanie Meyer, die pastoor by hierdie kerk en ook die tehuis se bestuurder, op die dag gesê.

Een van die tehuis se inwoners, Gideon Gresse, het vir Fanie gevra om sy agterkleinseun te doop.

Sewe maande oue Juan Herbst is toe kort daarna op die nagmaal Sondag, en die dag wat hy sewe maande oud geword het, kerk toe gevat. Klein Juan se ouers, Rynhardt en Rochelle Herbst, het die belofte gemaak om hulle eerstegeborene seun te lei met Christelike beginsels.

Pastoor Fanie doop klein Juan met ouers Rochelle en Rynhardt wat hom vashou.
Pastoor Fanie doop klein Juan met ouers Rochelle en Rynhardt wat hom vashou.

“Dit is beslis ‘n tradisie en ‘n belangrike deel van waarin ons glo,” vertel Rochelle.

“Die bejaardes het dit veral geniet en elkeen het ‘n ou traantjie geplik.”

Rochelle sê sy en haar man was baie trots om die groot stap saam met hulle kind te vat.

“Dit is beslis een van die mooier dinge van die lewe,” meen Fanie.

Hy sê ook dat hy onthou hoe Juan hom heeltyd in die oë gekyk het en geglimlag het. Dit was beslis ‘n kosbare dag vir Móreglans se bejaardes, Fanie en die Herbst familie gewees.

Verwante artikels:

‘105 jaar se sukkel, maar ons oorleef’ 

• Dubbele Kersfees bederf vir Môreglans

• Tannie wat in ossewa gebore is vier 100ste

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button