Local newsNewsSchools

‘Kleine trappers’ op die verhoog

Hoërskool Bastion se Graad 8-leerlinge het vanjaar die verhoog behoorlik aan die brand gedans.

Om jou hoërskoolloopbaan met opgekropte emosies en spanning te begin is ’n groot uitdaging.

Stella, oftewel Twanette Gelderblom, moes al hierdie emosies hanteer toe sy by Hoërskool Verspoeg met boelies en onpartydige onderwysers gekonfronteer is.

Só het die toneelspel by Hoërskool Bastion se groetjiekonsert afgespeel. Geleen uit Walt Disney Pictures se Inside Out, wys Stella se lewensgrootte emosies wat werklik in ’n tiener se kop aangaan.

Stella was baie opgewonde oor haar nuwe hoërskool, maar moes gou leer dat dinge nie altyd volgens plan verloop nie. Sy wou nie meer by Hoërskool Verspoeg skoolgaan nie, maar wou ook nie haar ouers teleurstel nie.

Twanette en die ander Graad 8’s, het tydens die toneelspel op pop- en selfs klassieke rockmusiek gedans terwyl die gehoor hulle toegejuig het.

Te danke aan haar emosie Joy se aanmoediging, vertel Stella uiteindelik haar ouers dat sy na ’n ander skool toe wil gaan.

Natuurlik vertel sy van Hoërskool Bastion “waar almal soos ’n familie voel en saamwerk”.

Die toneel het by Bastion en op ’n gelukkige noot geëindig. Al die “mengelmoes-emosie-fraaie-kleine-trappers,” het na die groentjiekonsert ook sommer hul inhuldigingseremonie gehad.

Lees ook:

• Frik op sy KokkeNories reis

• Die Avonture van Violet

• Ontgroening weer vet pret

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button