[FOTO’s] Kwaliteit skryfbehoeftes vir skool met gestremdes
Die skool vir gestremdes is bederf met kwaliteit skryfbehoeftes deur Nedbank.
Die Wes-Rand Skool is weereens bederf met kwaliteit skryfbehoeftes wat die skryftaak baie makliker maak vir die skool se gestremde-leerlinge.
Nedbank se Groep Finansiering Gauteng-span het besluit om vir die soveelste keer in te spring en te help.
“As die kinders met swak kwaliteit skryfbehoeftes werk, breek dit maklik. Dit is reeds ‘n moeilike taak vir ‘n gestremde kind om ‘n potlood vas te hou en te kan skryf,” vertel junior spesialeklasse departementshoof, Michelle van Zyl.
Michelle en haar kollega Hannli van Zyl, wat die senior spesialeklasse departementshoof is, het die hordes toegedraaide skryfbehoeftes ontvang vir hulle onderskeie klasse.
“Hulle is regtig goed vir ons,” het Hannli gesê.
Wes-Rand Skool se hoof, Thinus Coetzee, het die groep van Nedbank bedank vir hulle aanhoudende bydrae wat hulle by die skool lewer. Dit sal die hoeveelste jaar wees dat Wilda Dunken, ook by Nedbank te werke, en haar span vir die skool donasies oorhandig. Vorige jare het hulle tuinbehoeftes, meubels en selfs ‘n groetetuin geskenk.
Tinus het die News vertel dat die skool wel deur die staat gesubsidieer word, maar dat dit “gans en al te min” is.
“Ons maak grootliks op fondsinsamelings en privaatsektor besighede staat,” het hy gesê.
Nedbank beoog om ‘n ver pad te stap saam met Wes-Rand Skool en help graag waar die skool ‘n behoefte het. Die geskenkies gaan deur die senior en junior spesialeklas-leerlinge geniet word.
Vir meer foto’s van die oorhandiging, kliek hier.
Verwante artikels:
• Living to the fullest with Down Syndrome
• [PHOTOS] Bikers open their red hearts
