NewsSchool sportSchoolsSport

Atletiekseisoen hardloop vol stoom

Top atlete van verskeie laerskole het kragte gemeet op die atletiekbaan.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die vinnigste laerskoolatleet in Krugersdorpland?

Verlede week het die vinnigste atlete van verskeie laerskole met mekaar in ’n eindstryd op die atletiekbaan by Laerskool Krugersdorp-Noord meegeding om die katjie van die baan te bepaal.

Die Cluster 1B-byeenkoms, wat deel van die Krugersdorp Kampioenskappe vorm, is deur Noordskool op 4 Februarie aangebied. Die paweljoen was gepak met opgewonde leerlinge en ouers.

Molebssheng Ramafikeng hardloop stof in die ander se oë by die Krugersdorp Laerskole Kampioenskappe.
Molebssheng Ramafikeng hardloop stof in die ander se oë by die Krugersdorp Laerskole Kampioenskappe.

Top atlete van Noordskool, St Ursula’s Primary, Tirisana Primary, Alma Mater Akademie en John Martin Primary het kragte gemeet.

Talle Noordskool-atlete het plekke op die podium in verskeie items behaal.

Die toppresteerders vir die dag sluit in Kayla Kleynhans, Chanè de Jager, Donè Senekal, Tera-Leigh Coetzer, Barnard van der Westhuizen, Juan-Pierre van der Merwe, Eduan Liebenberg, Martin Herbst, Waldo van den Berg, Anè Sherman, Izak Redelinghuys, Hawkin Hall, Jurie Smith en Katlego Zwane.

Soortgelyke artikels

Noordskool sluit jaar met sukses 

Knapgedaan vir Noordskool se sportster

Ontmoet Noordskool se mooistes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button