EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vir Altyd se Ivan en Donnalee maak ’n draai in die dorp

Vir Altyd is nie ’n opvolg van Pad na jou Hart nie, maar ’n vingerafdruk van die kwaliteit waarmee die rolprent se voorloper aangepak is, en dit is duidelik te sien in die nuwe film.

As vervaardigers, skrywers en akteurs van die suksesvolle film, Pad na jou Hart, het Ivan Botha en Donnalee Roberts weer kragte saamgespan met hul nuwe Afrikaanse romantiese avontuurfilm Vir Altyd, wat nou op die silwerdoek te sien is.

Hierdie span sal Saterdag 20 Februarie by Silverstar se flieks van 6nm tot 8nm wees om aanhangers te kom ontmoet en voorbrand vir die film te maak.

Vir Altyd is nie ’n opvolg van Pad na jou Hart nie, maar ’n vingerafdruk van die kwaliteit waarmee die rolprent se voorloper aangepak is, en dit is duidelik te sien in die nuwe film.

Danie Bester (medevervaardiger), Jaco Smit (regisseur) en Jacques Koudstaal (kinematograaf) is ook weer deel van die span.

Die rolprent begin in een van Suid-Afrika se mees geliefde en mooiste dorpe, die Paarl, wat spog met Paarl Rots, bewaar deur die Drakenstein-munisipaliteit; Picardie Gastehuis met sy bekende dam en praguitsigte; die geskiedkundige Nederduits Gereformeerde Toringkerk; die besondere Rhebokskloof-wynlandgoed; die Afrikaanse Taalmonument; en ook die trots Afrikaanse Volksmond Koffiewinkel.

Donnalee Roberts en Ivan Botha gaan op 21 Februarie by Silverstar wees om hul nuwe fliek te bemark en hul aanhangers te ontmoet.
Donnalee Roberts en Ivan Botha gaan op 20 Februarie by Silverstar wees om hul nuwe fliek te bemark en hul aanhangers te ontmoet.

Die film neem die kykers op ’n verdere avontuur soos ’n vliegtuig van Air Mauritius op die eiland van liefde land. Die filmspan het vir drie weke Mauritius verken saam met hul trotse vennoot, Mauritius Tourism Promotion Authority (MTPA) gedurende die verfilming van Vir Altyd.

Kykers sal bestemmings soos The 23-Coloured Earth, Ile aux Aigrettes, die Belle Mare-ruïnes, die mark in Flacq en ander pragtige plekke op die eiland ontdek.

Die film speel grootliks af by World Leisure Holidays en Sun Resorts se luukse vyfster Long Beach Golf and Spa Resort in Mauritius.

Behalwe vir die akteurs wat die hoofrolle vertolk, sluit die rolverdeling ander top Suid-Afrikaanse akteurs in soos Illse Roos, Dirk Stoltz, Elize Cawood, Wilson Dunster en vele ander.

Vir Altyd is gedurende Mei en Junie 2015 in die Paarl in die Wes-Kaap en in Mauritius verfilm.

Die rolprent sal vanaf 12 Februarie landswyd op Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters se skerms draai.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button