EntertainmentLifestyleLocal newsNews

‘n Oggend saam Lizz Meiring

Benewens ’n unieke optrede deur die bekende en multibekroonde aktrise, wag daar ander unieke verrassings op gaste.

Opvoeding is ons gemeenskap se toekoms.

Die Sechaba skool is ’n voorskool met ’n naskoolsentrum wat in die hartjie van ’n Muldersdrift informele nedersetting ’n veilige hawe vir sowat 120 kinders bied.

Dié skool is brandarm. Die leerlinge het skaars skryfbehoeftes en ander broodnodige fasiliteite. Maar die skool se gees is onblusbaar – toegewyde onderwysers en betrokke ouers sorg dat die leergierige, dankbare kinders ten spyte van al die uitdagings ’n opvoeding ontvang.

Louis Fourie, ’n Krugersdorp-inwoner, het die skool se potensiaal raakgesien en as vrywilliger betrokke geraak.

Louis bied Saterdag 27 Februarie ’n Oggend met Lizz Meiring aan as fondsinsameling. Alle fondse gaan direk aan die skool.

Benewens ’n unieke optrede deur die bekende en multibekroonde aktrise, wag daar ander unieke verrassings op gaste.

Michelle Botha, aktrise en sangeres van Getroud met Rugby en ’n rits musiekblyspele faam, kom sing. Sy het onlangs weer staande ovasies ontvang vir haar rol as die wrede Kakiebos in die Civic-teater se pantomime Sleeping Beauty.

Michelle Botha, aktrise en sangeres, gaan die gehoor met haar uitmuntende talent vermaak.
Michelle Botha, aktrise en sangeres, gaan die gehoor met haar uitmuntende talent vermaak.

Krugersdorp se trots, internasionaal-erkende estetiese dokter Martina van der Mescht kom praat kaalkop die waarheid oor velsorg en wat effektief werk om ons beter te laat lyk en voel. Sy is ook wêreldwyd verkose as die LCM (local country mentor) vir Allergan, ’n internasionale estiese maatskappy, en bedryf die Travel Clinic in Krugersdorp.

Heidi du Toit van Hollywood Costumes in Krugersdorp-Wes gaan gesels oor haar kostuumontwerpe vir die sterre en gaan haar unieke Stoompomp-versameling, wat deur verskeie bekendes gedra word, ten toon stel. Hollywood Costumes, ’n dekades-oue instansie, word alom beskou as die mees uitstaande verskaffer van kostuums en spesialiteit items vir die film-, TV- en vermaaklikheidsbedryf in Suid-Afrika.

Gaste kan ook uitsien na top gehalte gelukkige trekkings soos drie Hannon-produkte geskenkpakke, asook ’n gratis konsultasie en gesigsvullers deur Martina.

Die geleentheid sal by Usambara plaasvind en kaartjies beloop R150 per persoon en sluit koffie, tee en verversings in. Kontak Louis by oneworld@worldonline.co.za of 074 969 0846 vir besprekings.

Kom bederf jouself en jou vriende.

Lees nog:

Lizz Meiring vertoning by Garden World

‘n Gedaanteverwisseling met kostuums

Krugersdorper nou ‘n kleinskermster

'n Oggend saam met Lizz Meiring vir 'n goeie doel.
‘n Oggend saam met Lizz Meiring vir ‘n goeie doel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button