EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Simfonie-orkes kom dorp toe

’n Guinness Wêreldrekord-houer vir die speler wat die langste tjello kan speel, gaan die Rossini William Tell Overture dirigeer tydens die optrede.

Vir die eerste keer in dekades gaan daar ’n simfonie-orkes in Krugersdorp optree.

Die Rand Symphony Orchestra, onder leiding van dirigent Carel Henn, gaan op 12 Maart by die NG Suiderlig Kerk die gehoor op die punte van hul stoele hou met ’n orkesoptrede wat nie gemis moet word nie.

Carel, ’n Guinness Wêreldrekord-houer vir die speler wat die langste tjello kan speel, gaan die Rossini William Tell Overture dirigeer tydens die optrede. Hy gaan ook ’n solo-item opvoer.

Kaartjies vir die geleentheid beloop R80 per persoon en kan by Suiderlig se kantoor afgehaal word.

Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 011 660 8038 of besoek hulle gedurende kantoorure op die hoek van Gouldstraat en Herbertweg, Krugersdorp-Wes.

Verwante artikels:

Die Penkoppe wen ‘n Ghoema

Lekker man, lekker – derde CD vir Penkoppe

Kitaarkêrels vereer hul grootste aanhanger

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button