Kenmare-atlete op pad kampioenskappe toe
14 atlete van Laerskool Kenmare gaan aan die Gauteng Laerskool Kampioenskappe deelneem.
Laerskool Kenmare spog met 14 atlete wat tot die D2-atletiekspan deurgedring het.
Om te kwalifiseer moes hulle ’n eerste of tweede plek in hul items behaal het. 30 Laerskool Kenmare-leerlinge het aan die uitdunne deelgeneem.
Divan Bosman het ’n eerste plek in die onder 10-gewigstoot behaal, terwyl Paul Steenkamp ’n eerste plek in die onder 12-spiesgooi behaal het.
Verspringatlete wat in die span ingesluit is, is Lenè Wessels (onder 10 dogters), Francois Venter (eerste plek onder 11 seuns) en Kelvin van Wyk (ook eerste plek onder 11).
Cole Basson het die eerste plek in die onder 12-seunshekkies geneem, terwyl Declan Viljoen stof in die ander se oë geskop het toe hy eerste plek in die 150m-kortafstandbaanitem vir onder 13’s behaal het.
Die veelsydige atleet Edrich Alblas (onder 12) het ’n eerste plek in die 150m losgehardloop, ’n tweede plek in die 75m-hekkies en ’n eerste plek in hoogspring behaal.
DP van Zyl het sy uithouvermoë bewys toe hy eerste plek vir die 1 200m (onder 12) gevat het, terwyl Johannè Meyer eerste plek (dogters onder 13) behaal het.
Cian de Villiers het eerste plek in beide gewigstoot en diskus (onder 12) behaal en Talita van Eeden het eerste plek vir diskus en tweede plek vir gewigstoot onder 12 gevat.
Anezka Grove het eerste plek behaal vir spiesgooi (onder 13), terwyl Carlè Kriedemann eerste plek vir die 75m- en 200m-hekkies losgehardloop het.
“Ons wens julle alle sterkte toe en weet julle sal die D2-streek en Laerskool Kenmare se naam hoog hou,” het Wouter Immelman, Kenmare se hoof gesê.
Die group uitblinkers sal Vrydag 26 en Saterdag 27 Februarie aan die Gauteng Laerskool Kampioenskappe by Ruimsig Stadion deelneem.
Verwante artikels:
• Prettige atletiekdag by Kenmare gehou
• Kennies spog met vier tweelingpare
