Candy gee die ja-woord
Krugersdorp se superster is onlangs verloof, maar werk steeds hard aan haar sangloopbaan.
Krugersdorp se eie superster spog met iets nuut en blink.
Candy Benson het onlangs by hul huis in Krugersdorp-Noord aan Chris Bothma verloof geraak .
Candy, wat tans met ‘n enkelsnit as nommer twee op die Jakaranda FM Afrikaans Top 20-lys spog, het vertel hoe gelukkig sy is en daarna uitsien om met haar beste vriend te trou.
“Ons wil oor twee jaar trou, maar wil eers daarvoor spaar en ‘n bietjie reis,” het Candy aan die News vertel.

Chris het die dag waarop hy die jawoord gevra het, deeglik beplan en ook Candy se ouers by die unieke reëlings ingesluit.
“Hulle het saam ‘n karaoke-partytjie gereël waartydens my ma sou voorstel dat ek en hy ‘n liedjie saam sing. Ek was baie verbaas, want Chris was nog altyd te skaam om te sing,” het Candy vertel.
Maar toe sy op die skerm gaan soek vir die naam van die liedjie wat hulle sou sing, het daar gestaan ‘Candy Benson will you marry me’.
“Toe ek weer sien het Chris op sy knie gestaan. Natuurlik het ek ja gesê,” het sy gesê.
Maar Candy was nie soos die meeste klein dogtertjies gedurig besig om haar troudag te beplan nie. Sy het hard aan haar sangloopbaan beplan.
Verskeie radiostasies het al liedjies van Candy se eerste album gespeel. Sy is vir ‘n Ghoema-toekenning as Nuweling van die Jaar genomineer vir haar album Niks Kan My Keer Nie.
Candy is tans besig met haar tweede album, en hoop om dit teen Julie vry te stel.
Lees meer oor Candy:
• Sanger Candy Benson kort jou stem
• Fundraiser to give ALS MND disease sufferer a voice
• Mnr SA finalis hou fondsinsameling
