Klein meisie maak ‘n groot impak
Klein Annemique het haar doel van droogteverligting onlangs bereik.
‘n Graad 5-leerling van Alma Mater, Annemique Janse van Vuuren het haar skool genader om hulp om 20 000 liter water in te samel nadat sy díe wat as gevolg van die droogte swaarkry, een Sondagaand op televisie gesien het.
Die News het op 4 Februarie berig oor klein Annemique, wat saam haar ouers en skool die #almawater2016 projek aangepak het. Die doel was om 20 000 liter water teen 20 Februarie in te samel.
Leerlinge van Alma Mater Akademie het hande gevat en op die datum bo verwagting byna 37 000 liter water ingesamel.
“Dit het soos ‘n groot taak gelyk maar die leerlinge, ouers en publiek se harte was groter as dié taak,” het Edna Walker, die voorskool en laerskool se skakel- en bemarkingsbeampte gesê.

“Die taak is ligter gemaak met hulp van ATKV Buffelspoort, ATKV Klein Kariba en Emerald Casino se ondersteuning en bydrae tot die projek.”
Weereens, vertel Edna, het al die belanghebbendes van die projek besef dat daar so baie mense is wat ‘n verskil kan maak.
Annemique glo dat “dit is nie hoeveel wat jy gegee het nie, maar met die hart waarmee jy dit gegee het,” wat saak maak.
Na die 10-jarige se projek suksesvol afgehandel is, het Operation Hydrate die water na noodlottige gemeenskappe vervoer.
Lees verder:
KHS water drive fills truckloads
Help Cradlestone with #OperationHydrate
