Leerlinge gekies vir Simfonia Jeugorkes
Die jeugorkes is saamgestel uit leerlinge van vier provinsies.
Verskeie leerlinge van Hoërskool Monument se Musiek Magneetskool is verkies tot lede van die Simfonia Juventi Jeugorkes.
Die leerlinge is Miguel Leitao (Monument – viool), Sarah-Anne Pringle (Monument – viool), Shané van Onselen (tuisskool –viool), Carina Naudé (Helderkruin – viool), Willie Naudé (Monument – tjello), Xander Jürgens (Noordheuwel – tjello), Caleb Brunsden (tuisskool – tjello) en Karlin Kock (Monument – tjello).

Die jeugorkes is saamgestel uit leerlinge van vier provinsies en onderneem in die tweede kwartaal konserttoere na die groot sentra.
Die galakonsert vind op 28 Mei by Unisa plaas.
Verwante artikels:
• Monnas-jukskeispelers ryg medaljes in
• Wêreldkampioen sluit aan by Monnas
