Local newsNewsSchools

[FOTO’s] Christ Kids Trust laat die liefde vloei

Elke leerling van Graad R tot 7 het gehelp water aandra om op die voertuie te laai.

Februarie is die maand van liefde en Christ Kids Trust het besluit om naasteliefde te betoon aan die land se boere in nood. Waterinsamelingsprojekte is by verskeie skole deur jeugwerkers geloods.

Twee van die skole wat pas hul waterinsamelingsprojekte voltooi het, is Laerskool Ebenhaeser en Protearif.

Die kinders het almal gehelp om water in te samel. ’n Graad 4-leerling van Ebenhaeser, Monique Pelser het 935 tweeliter-bottels volgemaak.

Graad 4-leerling van Ebenhaeser, Monique Pelser het 935 tweeliter-bottels volgemaak.
Graad 4-leerling van Ebenhaeser, Monique Pelser het 935 tweeliter-bottels volgemaak.

Elke leerling van Graad R tot 7 het gehelp water aandra om op die voertuie te laai. By Ebenhaeser is ’n 10 ton-trok, ’n een ton-bakkie en die skool se sleepwa vol waterbottels aangery na die Round Table se depot in Delporton, vanwaar die water verder versprei sal word.

Protearif het hul drie skoolbusse vol gelaai en water is by dieselfde depot afgelaai.

'n Paar plaaslike skoolkinders wys hul liefde tydens hul waterinsamelingsprojek.
‘n Paar plaaslike skoolkinders wys hul liefde tydens hul waterinsamelingsprojek.

Christ Kids Trust bedank Hans van der Nest en sy personeel van Workshop Electronics vir hul hulp met die vervoer, asook elke onderwyser, leerling en ouer vir hul bydraes. ’n Besondere dankie aan juffrou Joey Burger wat die projek by Protearif gelei het.

Om na nog foto’s te kyk, kliek hier.

Verwante artikels:

• KHS water drive fills truckloads

• Klein meisie maak ‘n groot impak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button