Laerskool Kenmare se groep kekkelbekkies het onlangs hul ‘Oppi-Seepkis’ interne redenaarskompetisie gehad.
Die kompetisie bied die kinders die geleentheid om op ‘n seepkis, wat ‘n tydelike staanplek is, te staan waar hulle hul sê kan sê nes in die Convent Garden in London.
Vanjaar se wenners is Symone Venter (Graad 1), Kean Lourens (Graad 2), Ruben Venter (Graad 3), Nina Guy (Graad 4), Johann Coetzer (Graad 5), Kara Beukes (Graad 6) en Neill Krynauw (Graad 7).
Uit die groep was 20 deelnemers met die beste uitslae gekies om aan die eerste rondte van die ATKV-redenaarskompetisie (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) te Helpmekaar Kollege deel te neem.
Indien hul daar presteer, dring hulle deur na die tweede rondte en dan daarna natuurlik na die finaal waar die beste-van-die-beste sprekers regoor Suid-Afrika deelneem.
Laerskool Kenmare het ook ‘n Super 12 span wat saamgestel is uit verlede jaar se Oppi-Seepkis wenners en sluit in Laurezel Steinmann (Graad 2), Albert Smit (Graad 3), Maya Bothma (Graad 4), Melandi Swiegelaar (Graad 5), Ewan Krynauw (Graad 6) en Victor de Beer (Graad 7).
Die span neem deel aan die Super 12 reeks wat by Laerskool Elarduspark in Pretoria plaasvind.
Hier behaal Kenmare jaarliks uitmuntende prestasies teen skole soos Laerskool Menlopark, Rustenburg en Vastrap.
Nicci Serfontein, ‘n beoordelaar tydens die Oppi-Seepkis Kompetisie het opgemerk dat sy baie lank terug so ‘n sterk groep sprekers in een skool teë gekom het.
Die ATKV-span vir 2016 is as volg:
Graad 1-3
• Symone Venter
• Kean Lourens
• Albert Smit
• Ruben Venter
• Lynette Smit
Graad 4-5
• Nina Guy
• Isabelle Radford
• Johann Coetzer
• Alexander Coetzer
• Melandi Swiegelaar
• Elmanè van der Walt
Graad 6 -7
• Kara Beukes
• Nadia du Plooy
• Ewan Krynauw
• Tian Vorster
• Victor de Beer
• Neill Krynauw.
Nog Kenmare nuus:
• Kenmare-atlete vir Gauteng-span gekies
• Ek is ‘Awe’ want ek sê my sê




