Talle medaljes vir Monnas atlete
Atlete verwerf goue medaljes by 'n onlangse groot atletiekbyeenkoms.
Monumentare het hierdie afgelope atletiekseisoen op verskeie items op die atletiekveld uitgeblink.
Corne Pennells en Xander van der Westhuizen en hulle mede spanmaats het onlangs as wenners by die Gauteng Hoërskole Atletiekkampioenskappe wat in Germiston by die Herman Immelman Stadion plaasgevind het, uitgetree.

Corne het ‘n silwer medalje in die diskus onder 15 item ingepalm terwyl Xander met die brons medalje in dieselfde item huistoe is.
Xander was as een van die junior Victor Ludorum atlete aangewys.
Die volgende atlete het goed gevaar:
• Rueben Barnard het ‘n goue medalje verwerf in die 100m onder 15 item terwyl Matome Shabangu goud vir hoogspring onder 17 gewen het.
• Liza Kellerman het ook ‘n goue medalje in beide die 400m en 800m onder 17 items gewen, en Lizelle Fourie het goud in hammergooi onder 17 verwerf.
• Lebogang Ramela het ‘n brons in die 2 000m hindernis vir onder 17 dogters verwerf, terwyl Manx Pickett ‘n silwer in die 400m onder 15 item gewen het.
• Savana Croucamp het goud vir gewigstoot en brons vir diskus dogters onder 17 gewen.
• Kayle Blignaut het ‘n goue medalje vir gewigstoot en ‘n brons medalje vir diskus onder 17 gewen en Morne Brandon het ‘n silwer vir diskus en ‘n brons vir gewigstoot onder 17 verwerf. Kayle het tydens die byeenkoms met ‘n poging van 19,51m die Soud-Afrikaanse rekord van JP Hoffman uit die boeke gevee terwyl Savana ook as die senior Victrix Ludorum atlete aangewys is.
Al die atlete, sowel as Corne en Xander, gaan Gauteng volgende naweek (18-20 Maart) in Bloemfontein by die Suid-Afrika Hoërskole Kampioenskappe verteenwoordig.
Soortgelyke artikels:
•[PHOTOS] Monnas not just about rugby – they paint too
