Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Nories se krieket gaan van krag tot krag

Hoërskool Noordheuwel het onlangs hul top krieketpresteerders beloon en bedank.

Hoërskool Noordheuwel het verlede jaar ‘n ongelooflike krieketseisoen beleef. Hulle het aan die einde van Februarie tydens die krieketprysuitdeling die skool se spelers en afrigters bedank.

Die spanne het verlede jaar altesaam 210 wedstryde gespeel en het ‘n wenpersentasie van 85 aan die einde van die seisoen gehad.

“Dertien seuns is verkies tot die Sentraal-Wes onder 15- en onder 19-streekspanne en beide die spankapteine, Arno Meyer en JC Fensham, is van Nories,” het Karlien Steyn, die skool se bemarking -en skakelbeampte gesê.

Albei spelers en Nories se afrigters, Henri Crocker en Werner Jacobs, het goed presteer. Die afrigters is as Sentraal-Wes afrigters aangewys en Etienne Janse van Rensburg is as die Gauteng onder 15-keurder aangewys.

Tydens die onlangse krieketprysuitdeling het die volgende spelers toekennings ontvang:

Tiaan Brits – Beste junior vordering

Tiaan is gekies vir die Sentraal-Wes onder 15-streekspan en hy was onder die top ses spelers by die areaweek. Hy handhaaf ‘n kolfgemiddeld van 43 vir die seisoen en dring deur as een van slegs twee onder 14-spelers by die Gauteng-proewe.

Arno Meyer – Beste junior kolwer

Arno is vir die tweede jaar gekies vir die Sentraal-Wes onder 15-streekspan. Hy was onder die top vier spelers by die areaweek. Hy handhaaf ‘n kolfgemiddeld van 51 vir die seisoen en word verkies tot die onder 15B Gautengspan.

Conrad van Dyk – Beste junior bouler en Beste junior krieketspeler

Conrad word vir die tweede jaar vir die onder 15 Sentraal-Wes-streekspan gekies en word as beste speler by die areaweek aangewys. Hy trek 41 paaltjies plat teen 2,94 lopies per beurt en handhaaf ‘n kolfgemiddeld van 34. Conrad is ook verkies tot die onder 15A Gautengspan.

Chandler Reinecke – Beste senior vordering

Chandler neem 33 paaltjies in 162 beurte en sommiges sê hy is beslis ‘n speler om dop te hou.

Henrico Painter – Beste senior kolwer

Henrico het verlede jaar al vir die tweede jaar vir die eerstespan gespeel. Hy teken meer as 1 400 lopies in die seisoen aan teen ‘n gemiddeld van byna 40. Hy teken ook die meeste lopies aan vir die Sentraal-Wes-streekspan

MC Steenkamp – Beste senior bouler en senior krieketspeler

MC het verlede jaar vir die tweede jaar vir die eerstespan gespeel en neem 45 paaltjies in die seisoen. Tydens die Gauteng-proewe word hy aangewys as een van die staatmakers in die 19B Gautengspan en word moontlik oorweeg vir hierdie jaar se 19A Gautengspan.

Lees ook:

• Slimkoppe by Noordheuwel

• Nories ryg onderskeidings in

• Ontgroening weer vet pret

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button