Vyf van Noordskool op pad na kampioenskappe
Noordskool spog met 'n handjie vol atletieksterre.
‘n Handjievol leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord is op pad na die Gautengkampioenskappe.
Die vyf sportsterre het onlangs hulle Gauteng-Wes kleure vir atletiek verwerf en het deurgedring na die kampioenskappe.
Zahne van der Berg het ‘n eerste plek in gewigstoot behaal by die Gauteng-Wes byeenskoms terwyl Cayla Kleynhyans ook ‘n eerste plek in verspring losgespring het.
Chanè de Jager het ‘n eerste plek in verspring en ‘n tweede plek in die 75m hekkies losgespring terwyl Kaitlin Zinn ‘n tweede plek in die 80m hekkies gewerf het.
Katlego Zwane het omtrent by die byeenkoms floreer en het ‘n eerste plek in die 150m, 100m en verspring behaal.
Hy het die Gauteng-span behaal waar hy ‘n goue medalje in verspring verwerf het.
“Baie dankie aan al die atlete wat ons skool se naam hoog gehou het en ons so mooi verteenwoordig het,” het die trotse skoolhoof, Charles Miller, gesê.
Verwante artikels:
Knapgedaan vir Noordskool se sportster
Noordskool spog met top presteerders
Noordskool sluit jaar met sukses
