Laerskool Krugersdorp-Noord spog graag met hul wenners van die eerste kwartaal se redenaarskompetisie.
Sewe van die skool se kekkelbekkies het op 22 Februarie hul eerste Interne Redenaarskompetisie vir die jaar gehad.
Elke jaar daar word daar kwartaaliks ‘n kompetisie gehou waar een leerling per Graad gekies word as die wenner.
Aan die einde van die jaar kompeteer die vier wenners van elke Graad groep teen mekaar in ‘n Gala Redenaarskompetisie waar die bekkigste bekkie van die jaar aangewys word.
Die eerste kwartaal se redenaars was ‘n Afrikaanse idioom tema waar die uitdunne in die verskeie Graad klaskamers gehou was.
Daar was ‘n totaal van sowat 50 leerling van Graad 1-7 gekies wat deurgedring het na die eerste kwartaal se interne kompetisie.
Die wenners was as volg:
• Graad 1: Chanel Harmse
• Graad 2: Isabella van der Walt
• Graad 3: Dawid-Louis Hatting
• Graad 4: Lanieke le Roux
• Graad 5: Jayden van der Berg
• Graad 6: De’Niel Storm
• Graad 7: Sunè Enslin
“Die redenaars is goed vir die leerlinge se selfbeeld en hieruit kweek ons toekomstige leiers, want leiers moet mos kan praat,” sê Juffrou Anita Miller.
Soortgelyke artikels:
•Noordskool sluit jaar met sukses
