NewsSchools

Kleingoed sê hul sê by redenaarsdag

Hierdie bekkige kinders wys hoe dit gedoen word.

Daar is onlangs ‘n Pikkie Redenaars-geleentheid by Laerskool Protearif gehou.

Graad 0’s van Krugersdorp en Randfontein is al in November 2015 genooi om deel te wees van die heerlike geleentheid. Die laerskole wat deelgeneem het was Protearif, Muldersdrif, Randfontein asook Wysneusies-kleuterskool.

Die temas waaroor gepraat is, was Ledigheid is die duiwel se oorkussing, Liewers bang Jan as dooie Jan en Elke Haan is koning op sy eie mishoop.

Al die maatjies wat aan die redenaars deelgeneem het.
Al die maatjies wat aan die redenaars deelgeneem het.

Die organiseerders sê graag dankie aan hul borg Smith Attorneys asook aan elke deelnemertjie, “Hartlik geluk met jul puik deelname, julle het voorwaar pittige gedagtes gedeel.

“Baie dankie ook aan Lizelle van Staden en Annemarie Alberts, Projekorganiseerder van die ATKV wat die dag bygewoon het, asook ons beoordelaars Lydia Swanepoel van Kempton Park en Wanda Meyer van Pretoria; twee baie bekwame vroue,” het Joey Burger van Protearif gesê.

Nog redenaars nuus:

Welslae behaal in redenaars

Noordskool se kekkelbekkies

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button