Konsert ‘n groot sukses
Die konsert is deur Bastion se hokkiespelers gereël en dien as 'n fondsinsameling vir die spanne.
Op 17 Maart het ‘n oud-Krugersdoper, wat nou Suid-Afrika se nuutste sangsensasie is, by Hoërskool Bastion opgetree.
Brendan Peyper (19) se eerste enkelsnit, Stop, wag, bly nog ’n bietjie, het reeds groot opslae gemaak in die musiekbedryf. Hy is ook vroeër vanjaar vir twee OFM-musiektoekennings benoem, onder andere vir Beste Manlike Kunstenaar en Liedjie van die Jaar. Hy het sy debuut-album verlede jaar in Oktober vrygestel.
Jennifer Pretorius van Hoërskool Bastion meen die konsert was ‘n groot sukses.
“Hy het op hokkie stokke, tekkies, CD’s en nog ander items geteken,” het sy gesê.
Daar was meer as 300 musiekliefhebbers by die die konsert, wat volgens Brendan ‘n langer program gehad het, gewees.
Die konsert was deur Bastion se hokkiespanne gereël en het daarom as ‘n fondsinsameling vir die spanne gedien.
“Dit was ‘n baie lekker optrede en almal het dit geniet,” voeg Jennifer by.
Lees ook:
• Sangsensasie gaan dorp kom skud
• [VIDEO] Sanger se sukses-resep
• [FOTO’s] Liefdestragedie op die skoolverhoog
