NewsSchools

New York se liggies blink helder vir leerlinge

Drie junior-leerlinge van HS Noordheuwel het deurgedring na Talent America wat in New York City plaasvind.

Vier plaaslike leerlinge het onlangs met sakke vol toekennings by die South African National Talent Africa (Santa) kompetisie weggestap.

Die kompetisie het in die Roodepoortse Pro-Musica Ouditorium vanaf 21 tot 26 Maart plaasgeving. Al vier is leerlinge by Hoërskool Noordheuwel. Graad 8 leerlinge Zack de Beer, Megan van Wyk en Charmé Kruger saam met Graad 9 leerling Duané Swanepoel se uitstaande optredes het gesorg dat hulle Suid-Afrika kan verteenwoordig in New York om deel te neem aan Talent America, die internasionale rondte van die kompetisie.

Die kunstenaars het hulle Gauteng kleure, Suid-Afrika kleure, sertifikate, medaljes en toekennings ontvang. Zack het vier goue, een silwer en twee brons medaljes ontvang. Zack het ook algehele sewende plek behaal in die 13 jaar en ouer ouderdomsgroep.

Megan het twee goue, twee silwer en twee brons medaljes ontvang. Charmé het vier goue, silwer en brons medaljes gewerf en Duané het vier goue, drie silwer en sewe brons medaljes ontvang. Sy was ook deel van die groep wat as Beste Senior Groep aangewys is.

Die leerlinge, wat deel is van Linda Theron Drama Studio, is deel van die 32 leerlinge wat gekwalifiseer het by die Gauteng Streeksrondte. Al 32 leerlinge het hulle SA kleure verower en kwalifiseer om aan die Internasionale kompetisie in New York te gaan deelneem.

Die studio het ‘n rekord getal medaljes, 142 goud, 50 silwer and 29 brons, verower.

“Ons het geswoeg en gesweet. Tussendeur alles het ons uiteindelik die naweek ure ingeploeg. Danksy hulle deursettingsvermoe, toegewydheid en spontane talent, is ek is trots om te sê hulle is deel van my studio,” vertel Linda Theron, eienaar van die studio.

Jessica de Wet (18), ook ‘n Noordheuwel leerling onder leiding van André Martinez, het die algehele kompetisie gewen en is ook oppad New York City toe.

Lees verder:

Mullies-boeties skitter by talent kompetisie

Jessica an upcoming super model

Want to follow in Dylan’s footsteps?

New York hier kom die Nories

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button