Aanskouers het begin hoendervleis kry toe meer as 900 leerlinge van Noordskool in ‘n kruis formaat beweeg in viering van Hemelvaartdag.
Die verrigtinge het met die vrylating van ‘n swerm pragtige duiwe afgeskop.
Leerlinge van Graad 1 tot 7 het in ‘n oomblik van stilte aandagtig gekyk hoe die duiwe die rondtes in die lug maak.

Daarna is die liedjie Houtkruis speel terwyl leerlinge rusting en stiptelik in a kruis formaat in beweeg het.
Met behulp van ‘n hommeltuig (drone) het Juffrou Chrisna lugfoto’s van die leerlinge geneem van verskillende aansigte.
Die News het ‘n voëltjie hoor fluit dat die leerlinge die kruis formaat herhaaldelik die vorige dag geoefen het met behulp van hul flukse onderwysers.
Na die lied het adjunkhoof Marinus de Beer vir die leerlinge die volgende stap van die verrigtinge verduidelik.
Met die speel van die liedjie Hallelujah, het die leerlinge die ballone stadig laat gaan en almal hulle hande in aanbidding na die lug gewys.
“In 25 jaar het ek nog nooit iets so mooi gesien nie,” het Marinus gesê.
Die leerlinge het verdaag vir pouse voordat hulle almal na die NG Krugersdorp-Noord Kerk is vir ‘n Hemelvaart erediens.

Lees verder:
• Noordskool sluit jaar met sukses
