‘n Karnaval opedag vol pret
Mullies omskep hul sportvelde in 'n karnaval vir vanjaar se opedag.
Laerskool Muldersdrif het vanjaar besluit om hul jaarlikse opedag in ‘n prettige familiedag te omskep.
Toekomstige leerlinge, vriende en familie van die skool het almal ontmoet op die sportvelde vir n prettige karnavaldag op 23 April.

Daar was ‘n verskeidenheid van stalletjies met heerlike eetgoed te koop. Stalletjies met handgemaakte ietms, speelgoed en selfs klere het die veld vol gestaan.

Die hoofaantrekking vir die dag was die ongelooflike prettige en lewensgrote verskeidenheid van springkastele wat kleurvol en hemelshoog die res van die veld bedek het.
Die vrolike en geverfde gesiggies en glimlaggies het die veld bedek soos die kinders almal nuwe maatjies gemaak het.

Plaaslike kunstenaar Gibbon, het gesorg vir die vermaak terwyl die gaste hul gate uit geniet.
Soortgelyke artikels:
•Mullies-boeties skitter by talent kompetisie
•Wes-Randse Skool se mooistes gekroon
