Local newsNewsSchools

[FOTO’s] Pro-Practicum sien uit na volgende markdag

Die skool is tevrede met die sukses van die onlangse markdag en avontuurlopie, maar sien uit na die volgende fondsinsamelingsprojek.

Dit was ‘n dag van sang, kuns en kos by Pro-Practicum Skool se markdag en avontuurlopie dié afgelope Saterdag (30 April).

Leerlinge, onderwysers, ouers en vriende het aan die lopie deelgeneem, maar Albert Ngubeni het die wenstreep, onder die juniors, eerste betree. Die dag was ook ‘n geleentheid vir leerlinge van Pro-Practicum, ‘n skool vir effens geestelike gestremde kinders, om hulle handewerk uit te stal.

“Dit is ongelooflik wat hierdie kinders kan maak. Daar was hangemaakte stoele, skinkborde en nog meer te koop,” het Esmarelda Barnard, onderwyseres en projekkoördineerder, gesê.

Albert Ngubeni spog met ‘n goue medalje en eerste plek sertifikaat.
Albert Ngubeni spog met ‘n goue medalje en eerste plek sertifikaat.

Daar was springkastele, vermaak deur Sound Inc en Monique West, ‘n talent kompetiese wat Bokang Mosweu gewen het en grootskerm vir sport wat elke lid van die familie kon geniet.

Die dag het ook as ‘n fondsinsameling vir die skool gedien.

Die skoolhoof, Bertie van Rensburg, het die News vertel dat leerlinge van die skool grootliks minderbevoorreg is en alhoewel die skool deur die staat ondersteun word, word daar nie voorsorg getref vir warm klere en skoene in die winder nie.

“Ons het ‘n voedingsplan vir 150 leerlinge en sowat 200 leerlinge het nie warm klere vir die winter nie,” het hy gesê.

Van links: Kobie Olckers heel links, Donovan Goosen en wenner van die talent kompetiese Bokang Mosweu
Van links: Kobie Olckers heel links, Donovan Goosen en wenner van die talent kompetiese Bokang Mosweu

Van Rensburg het ook vertel dat uit die 40 weeskinders wat daar skoolgaan, is 20 reeds huishoofde.

Barnard beplan om later die jaar weer ‘n markdag te hê en glo Krugersdropers sal kom ondersteun en weer die skool se uitdagende avontuurlopie aan durf.

Vir meer foto’s van die dag, kliek hier.

Lees ook:

•  Pro-Practicum Skool hou ‘n markdag

• Wes-Rand Skool ontvang skryfbehoeftes

• Broken promises haunt informal settlers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button